Ons nader nou ‘n onrusbarende tyd van onsekerheid oor wat met ons land, sy mense en in die buiteland gaan gebeur. Die koms van die Covid-19 virus is besig om almal histeries te maak sonder dat daar genoeg rede daartoe is. Dit is werklik nie so ‘n dodelike virus as wat wêreldmagte voorgee nie maar ons het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself om ons te beskerm. Daarom word u ten sterkste aangeraai om hierdie artikel deeglik te bestudeer. Dit kan werklik u lewe red en die nagevolge van die virus versag.
Laboratoriumnavorsing het bevestig dat rou knoffel (allium sativum) uitstekende anti-virus, anti-bakteriese en anti-swamwaarde het. Nie net het dit bevestig dat die meeste verkoue- en griepvirusse daardeur vernietig word nie, maar ook dat dit ‘n breë reeks van beide gram-positief en gram-negatiewe bakterieë (dit is twee groot klassifikasies van bakterieë), asook parasiete, gis en swamme vernietig.
Die bestanddeel in knoffel wat hierdie werk verrig is allisien, ‘n organiese chemikalië wat bestaan uit ‘n swael-verbinding wat ontstaan wanneer rou knoffel gesny word. Twee chemikalië in die rou knoffel meng dan met mekaar en ‘n derde ontstaan, naamlik allisien. Daar is ook waargeneem dat allisien binne die eerste 10 minute van sy ontstaan kragtig werk en die werking dan begin verswak.
In hierdie navorsing is ook waargeneem dat die gaarmaak van knoffel die allisien vernietig wat beteken dat gaar knoffel van nul en gener mediese waarde is.
Huidiglik is die farmaseutiese industrie afhanklik van chemies-gebaseerde medikasie vir die behandeling van virale infeksies. Hierdie middels is bekend vir hulle talle newe-effekte, wat maak dat daar na veiliger alternatiewe gekyk moet word. Ook het die farmaseutiese industrie geen antwoord vir die weerstand wat mense teen anti-virale middels opbou nie. Dit is hier waar knoffel ter sprake kom.
Allisien keer die penetrasie en hegting van entero-virusse na die gasheersel (selle in die menslike liggaam). Allisien keer ook die RNS-proses wat virusse dupliseer. Dit is bekend dat allisien die selmembrane penetreer in sy poging om virale multi-duplisering te voorkom. Deur middel van talle studies is bevestig dat knoffel ‘n baie veilige alternatief is om virus-infeksies te voorkom en te behandel.
Die hoofwerking van allisien om die vernietigende werk van virusse op menslike selle te keer is:
- Keer dat die virus aan die gasheersel wat hy wil vernietig, vasheg.
- Keer reeds vasgehegte virus om die gasheersel te penetreer.
- Keer dat reeds gepenetreerde virus binne die sel dupliseer.
- Keer die duplisering van die genetika van die virus.
Knoffel beskik oor ‘n hoë waterinhoud (58.8%), asook 33.06% koolhidrate en 2.1% vesel. ‘n Klein hoeveelheid mono-onversadigbare en poli-onversadigbare vetsure is ook teenwoordig. Uitstekende genesingskomponente in knoffel is die organiese swael-verbindings en flavonoïede waarvan die kragtige allsien en quercetien.
Allisien en quersitien is sinoniem wanneer in aksie; net, knoffel bevat baie hoër vlakke van allisien as quersitien, en uie bevat meer quersitien as allisien maar knoffel bly die kragtigste in aksie van die twee.
Die selenium-verbindings in knoffel het bewys dat dit ook die groei van kankerselle inhibeer, maar laat ons hier hou by knoffel se effek op virusse.
Die flavonoïede in knoffel keer ook die virus om te dupliseer. Dit is uiters belangrik vir die viruswerking om te dupliseer aangesien elke virus-sel net ‘n kort rukkie aktief is en sy dooie oorblyfsel dan uitgeskei word. Alle virusse multi-dupliseer, dws een word twee, twee word vier, dan agt, sestien, ens. Om duplisering te stop, is dus een van die belangrikste aksies van knoffel.
Die sterk anti-virale eienskappe van knoffel het tydens navorsing, virale infeksies van die griepvirusse A en B geïnhibeer, ook die rhino virus, HIV, herpes simplex virus 1 en 2, virale longontsteking en die rotavirus. (Meng, Lu, Guo, Zhang, &Zhou, 1993;Nai-Lan et al., 1993, 1 Tsai et al., 1985, Weber et al., 1992).
In ‘n ander navorsingsprojek is bevind dat die gewone verkoue-virus sowel as IBV (Infectious Bronchitis Virus) ook suskesvol deur knoffel geïnhibeer word. (Josling, 2001.) Shojai, Langeroudi, Karimi, Barin, &Sadri, 2016.
Allisien keer infeksie van die enterovirus deur dit te blok voor dit aan die gasheerselle heg. Yao et al., 2018.
In ‘n ander navorsingstudie het quersitien 3-O-D-glukose, a produk van quersitien, die ebola virus voor hegting geblok. Qiu et al., 2016.
Quersitien 3-O-D-glukose het ook die duplisering en afvoer van die polio-virus RNA na die gasheersel geblokkeer. Castrillo & Carrasco, 1987.
Dieselfde het gebeur met die hepatitis C virus, Gonzalez et al., 2009; en die SARS virus, Chen et al., 2006.
Ter opsomming:
Daar was wel nog nie tyd om navorsing op die Covid-19 te doen nie maar dit is, soos dié wat hierbo genoem word, ook ‘n RNS-virus met sy enkelspiraal wat op presies dieselfde wyse te werk gaan. Dus bestaan daar geen twyfel nie dat dit dieselfde sal reageer op behandeling met die allisien in knoffel.
Kennis oor die kragtige anti-virale werking van knoffel word doelbewus deur die owerhede stil gehou. Kan u dink wat met die multi-miljard farmaseutiese instansies sal gebeur indien massas viraal-geïnfekteerde mense eerder knoffel gebruik?
Bogenoemde navorsingsuitslae is van ontskatbare waarde en talle mense met ‘n holistiese uitkyk het met groot dankbaarheid hierby gebaat. U is dus nie ‘n proefkonyn indien u hierdie genesingsmetode kies nie. En indien u steeds bang is, gebruik die anti-virale middel saam met vars gesnyde knoffel – dit werk nie teen mekaar nie.
Dosis en metode:
Navorsing bevestig dat tussen 0.25 – 0.5g rou knoffel per kilogram liggaamsgewig per 24 uur geneem moet word. Byvoorbeeld, indien u 60kg weeg, neem u 5 – 10g knoffel drie maal per 24uur in. (5g is ‘n groterige huisie).
Metode:
Skil knoffelhuisie af, weeg dit en maak seker dit weeg eerder meer as die minimum voorgeskrewe dosis.
Sny in baie fyn stukkies op ‘n bord en sluk dit met enigiets wat dit maklik maak. Talle mense verkies iets sag soos piesang of papaja, wat eers gekou word tot net voor sluktyd, dan ‘n bietjie van die knoffelstukkies in die mond daarmee saam plaas en vinnig sluk, moenie kou nie. Herhaal tot hele huisie ingesluk is.
Moenie die knoffel sny en laat staan vir later nie; sluk dit dadelik nadat dit gesny is anders verloor die allisien sy kragtige werking – 10 minute is die vasgestelde tyd.
Sterkte in hierdie tyd wat voorlê en doen u plig sodat die Here ook sy kant sal wil bring. God hou daarvan as mense hulle eie verantwoordelikhede nakom!
Navorsingstudies – Bronne:
Hung, Gibbs, &Tsiang, 2002;Krenn et al., 2005;
Sreenivasulu, Raghu, &Nair, 2010.
Davis, Murphy, Mcclellan, Carmichael, &Gangemi, 2008;Nieman et al., 2010.
Fesen, Kohn, Leteurtre, &Pommier, 1993;Tanaka et al., 2009.
Shoji, Furuishi, Yanase, Miyazaka, &Kino, 1993;Tatarintsev et al., 1992.
Hughes, Murray, North, &Lawson, 1989;Weber et al., 1992.
Hall, Troupin, Londono-Renteria, &Colpitts, 2017. Hall, Troupin,
Londono-Renteria, &Colpitts, 2017.
Takimoto, Taylor, Connaris, Crennell, &Portner, 2002.
Takimoto, Taylor, Connaris, Crennell, &Portner, 2002.
Takimoto, Taylor, Connaris, Crennell, &Portner, 2002.
Takimoto, Taylor, Connaris, Crennell, &Portner, 2002.
Hung, Gibbs, &Tsiang, 2002;Krenn et al., 2005;Sreenivasulu, Raghu, &Nair, 2010.
Davis, Murphy, Mcclellan, Carmichael, &Gangemi, 2008;Nieman et al., 2010.
Fesen, Kohn, Leteurtre, &Pommier, 1993;Tanaka et al., 2009.
Hellen, Kraeusslich, &Wimmer, 1989.