NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dwase leiers probeer dikwels die ware toedrag van sake met onsinnige argumente en niksseggende redenasies om te keer.  Benewens hul verstommende onbekookte optredes, wissel baie van hul uitsprake van lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente.

BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (2)

)

Net soos vissermanne die grootte van ‘n vis (wat natuurlik weggekom het) kan oordryf, so oordryf jagters die afstand waarop ‘n bok geskiet is. ‘n Mens kan sê hulle gaan informeel met die waarheid om, of is oor-optimisties oor hulle skietvermoë. In werklikheid kan meeste mense net nie afstand skat nie. As jy op ‘n honderd meter gaan lê en skiet, voel dit soos twee honderd. Twee honderd voel soos ‘n halfmyl en driehonderd is ‘n ewigheid ver.

Dis waar dat daar veral in die VSA mense is wat tesame met fabrieke en toegespitse geweersmede, kalibers ontwikkel (en natuurlik gewere wat ‘n paar honderd duisend dollar kos) op baie lang afstande skiet, selfs sover as oor vier kilometer. Maar dis die absolute uitsondering. Die meeste mense skiet nie maklik raak verder as twee honderd meter nie, en dan ook net ‘n groterige teiken.

Met ‘n handwapen is dit natuurlik eksponensieel moeiliker en dis eintlik totaal onrealisties om verder as dertig meter met een te skiet. Weereens kan ons onthou dat manne soos Elmer Keith (wat gehelp het om die .44 magnum rondte te ontwikkel) op afstande van vier honderd meter met ‘n rewolwer kon skiet, maar dis weereens uitsonderlik. Die Amerikaanse FBI het tereg gesê dat die meeste skote uit selfverdediging op ‘n gemiddelde afstand van twee komma drie meter voor kom.

Die sestien oumanne lê op die honderd meter skietpunt. Dis duidelik dat nie almal gemaklik is nie, veral die manne met die uitbundige middelmate. So ‘n groot, ronde boepens maak dat jou elmboë te kort is om die geweer te stut, en natuurlik laat dit jou gou uitasem. Dis nie vreemd dat een of twee van die manne na ‘n paar skote omrol op hulle rug en dan eers asem skep nie.

Die meeste van die oorgewig manne se bloeddruk is ook te hoog, hulle asem is te min en hulle harte klop te vinnig. Daarby het een uit drie probleme met diabetes en dit beïnvloed hulle visie. Nogtans byt hulle vas en na die eerste twintig doelgerigte rondtes gaan dit al beter.

“Kom nou, menere, konsentreer ‘n bietjie. Tim, jou geweer se loop is seker krom.”

“Gaan bars man! Die ou roer skiet al vir ‘n honderd jaar reg. Hoekom sal hy nou sleg skiet?”

“Dis omdat jou oupa en oupa-grootjie kon skiet. Hulle was ook nie so dik soos jy nie. Trek jou elmboë ‘n bietjie nader aan jou lyf. Ja, so. Probeer nou weer.”

Dawie kyk deur sy verkyker en sien dat Tim se volgende drie skote darem die mannetjie tref, al is dit maar bont. Sy Lee-Enfield het nog ‘n vollengte kolf. Dis nie regtig bedoel om goeie groeperings te skiet nie, as ‘n mens ook in ag neem dat die slot, anders as byvoorbeeld ‘n Mauser, net aan die agterkant sluit. Dit veroorsaak dat die hele lengte van die slot die drukking moet weerstaan.

‘n Mauser sluit voor en agter en is dus inherent baie akkurater. ‘n Lee-Enfield, daarenteen, het ‘n tien-rondte magasyn, wat uitgehaal kan word en die slotaksie is baie makliker om te werk en gladder as ‘n K98 s’n.

Dawie ruik die reuk wat net ‘n ou 303 het. ‘n Reuk van Hoppes no 9, Young’s 303 en dekades se ander geweerolie wat in die houtwerk en metaal ingetrek het. Dit kom sterk na vore wanneer die geweer warm geskiet is. Net so, onthou hy het ‘n R1 ‘n reuk wat eie aan hom is. Anders as ‘n R4, wat net na nog ‘n geweer ruik.

Twee posisies van Tim af lê Boats. Hy het ‘n nuwerige Howa in .243 kaliber en ‘n nuwe Nikko Stirling teleskoop. As Dawie sy skote bekyk, is hy redelik beïndruk. Van die laaste vyf skote is vier in die “nege” ring en een in die “tien”.

“Nie sleg nie, Boats, al moet ons in aanmerking neem dat jy verneuk.”

“Hoe bedoel jy ek verneuk?”

“Jy skiet van die pootjies af. Dis verneuk.”

“So, as ons in ‘n fight is, gaan die vyand moan as ek verneuk net omdat ek van die twee-poot afskiet?”

Die tweede laaste posisie in die aflossing word beman deur ‘n afgetrede dosent.

“Hel, nee, Niek, wat maak jy?”

Niek het ‘n ouerige Israeli Mauser in .308 Winchester, waarvan die loop korter is en die ou laaghout kolf vervang is met ‘n Butler Creek sintetiese een. Hy het ‘n Schmidt&Bender teleskoop op en hy het ‘n blitsbreker aan die voorkant van die loop en dit skop kwaai stof op, maar dit lyk redelik doeltreffend.

“Jy is net jaloers, Dawie.”

“Dêmmit, ja. Ek is.”

Al Niek se skote is in die kol. Vier van die vyf sny mekaar.

Die heel laaste posisie is dié van Ben Malan. Hy het ‘n Winchester 30-06.

“Probeer jy en Niek mekaar aanvat?”

Ben se skote is ook almal in die kol, maar die groepering is effens groter.

“Nie nou al nie. Gee die prof ‘n kans. Maar as ons netnou uit staanhouding skiet, sal jy sien hy kan nie byhou nie.”

Almal weet dis waar. Ben Malan is bekend dat hy van kindbeen af ‘n poacher was. In die Bosveld is dit nie altyd ‘n skelwoord nie, en baie mense is deel van hierdie elite klub. Alhoewel dit nie meer so dikwels beoefen word nie, was dit in die 1960’s en 1970’s ‘n aanvaarbare praktyk. Ben is sekerlik een van die beste skuts in die land as dit kom by instinktiewe skiet.

“Okay manne. Staan op en verklaar.”

Met breë glimlagte op hulle gesigte staan die manne styf op aandag en begin van een kant af. Die eerste twee manne sukkel om die regte bewoording te onthou, maar hier van die derde een af gaan dit beter.

“Een veilig, kopperaal!”

“Jy bedoel seker ‘leeg’, troep? Daar is nie iets soos ‘n ‘veilige’ geweer nie?”

Die antwoord is binnensmonds en nie heeltemal gevrywaar van kru taal nie.

*

Maandag is almal terug by die werk. Vir party van hulle is daar nie ‘n hoop om af te tree nie. Die val van die rand die afgelope jare het aan hulle pensioenfonds gevreet en wat inflasie nie gevat het nie, het ‘n jaar of twee se werkloosheid weggekalwe. Klein besighede soos motorherstelplekke, klein konstruksiemaatskappye, makelaarswerk, paneelkloppers, elektriese werkswinkels en veel meer het die verhoogde belasting, verhoogde lone, en die uittog van blankes na die stede en veral Kaapstad, hard getref. Voeg daarby dat waar elkeen vantevore so af en toe by die Staat kon werk kry, hetsy om hulle voertuie te herstel of die paaie te help in stand hou, het hulle gebrek aan BEE en BBBEE registrasie hulle uitgeskakel. Die voorkoms van beurtkrag kan nie uitgeskakel word met opwekkers en sonkrag nie, veral elektrisiteits-intensiewe maatskappye soos kontruksie en sweiswerke.

Net na tienuur lui Dawie se sel.

“Wat sê jy, Boet?”

“Ek sê niks. My vrou praat mos namens my.”

“Ek dog jy is geskei?”

“Ja, maar dit verander niks aan die saak nie. Dawid, het jy so ‘n paar minute vir my?”

“”Dis reg. Jy kan maar praat.”

“Nee, nie oor die foon nie. Ek is nou daar by jou.”

Ses minute later stop Boet Meyer se ou Jeep bakkie by Dawie. Boet is klein en skraal en is, ten spyte daarvan dat hy al vyf en vyftig is, fiks en gesond.

“So, hoe lyk dit, my maat?”

“Nee, okay, Dawie.”

Hulle loop na ‘n hoek van die werkswinkel, waar twee ou seilstoele langs ‘n tafel staan wat uit ‘n paar ou bakkie-bande en ‘n houtblad bestaan.

“Dawie, jy het my aan die dink gesit na ander aand se braai. Ek het die afgelope naweek alles gaan lees wat ek in die hande kon kry, en ek dink jy is reg. Ons is in diep bandini.”

“Ons is.”

“So, wat doen ons?”

“Ons wag en kry ons goed reg.”

“Dis waarom ek hier is, Dawid. Ek wil hê jy moet my lorrie vir my oordoen.”

“Jy bedoel die ou Jeep buitekant?”

“Ja. Dis ‘n 1964 Jeep Gladiator. Dit het nog sy oorspronklike enjin, ‘n 3,8 liter reguit-ses Tornado enjin. Ek sou hom graag so wou hou, maar ek moet nou iets soek wat meer betroubaar en prakties gaan wees.”

“En?”

“Hy moet ‘n bietjie gelig word, groter wiele en beter sitplekke.”

“Jy weet dit gaan baie pond vat?”

“Dis okay. Ek het dit.”

‘n Dag later bel Dawie vir Boet.

“Boet, sit jy? Ek kan vir jou twee aste kry uit ‘n later model Chevy K35, ‘n 6,5 liter Chev V8 Diesel met ‘n turbo en ‘n groot vierspoed ratkas. Vyf en dertig duim bande op ordentlike wiele is so vyf en twintig duisend. Die hele ding gaan jou naby ‘n honderd duisend kos.”

“Gaan dit goed werk?”

“Dit sal.”

“Hoe gou kan jy hom klaar hê?”

Binne dae is Dawie se werkswinkel oorlaai met werk. Die bakkies en Jeeps, Land Rovers en Cruisers staan ingeryg. Hy moet drie tydelike werktuigkundiges by huur om alles gedoen te kry. Waar dit ‘n week gelede stil was, is daar nou die aanhoudende gedreun van gereedskap wat met saamgeperste lug werk, die flitse van CO2-sweismasjiene, kap en boor, soms tot laataand. Verfdampe hang partymaal swaar in die lug.

Saterdae is die skietbaan ewe besig. Die skietvernuf van die manne verbeter. Hulle ry ook nie meer na die skietwal om te gaan kyk hoe lyk die teikens nie, maar loop met die voet.

Hulle drink water as hulle dors is en nie koeldrank nie. As hulle teen vroegaand begin braai, is daar minder bier en meer vrugtesap, die vet word van die vleis afgesny, en daar is selfs slaai op party borde te sien.

Niemand rook meer nie. Voordat die warm baadjies teen die aandlug aangetrek word, kan Dawie sien dat die vet pense effens kleiner is, die arms minder slap en daar is nuwe hoop in hulle oë.

“Oud, ja, maar nog nie koud nie.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5628 gaste aanlyn