NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies: uit jou midde van jou broers; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie" – Deuteronomium 17: 14-15

BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (7)

)

Dis koud hier bo in die berg, met ‘n klam winderigheid wat gekom het om vir dae te bly.

Dis nog ‘n hele ent na die dorp toe en teen hulle sin maak hulle kampplek tussen ‘n groot rots en die bergwand. Niemand in sy volle verstand sal hier ronddwaal nie en hulle soek tussen die skeure en onder klippe en rotse vir droë hout. Die baadjies het hulle bolywe droog gehou, maar soos hulle geloop het, het die nat gras bokant hulle skoene en stewels hulle langbroeke deurweek met vars reën.

“Ek is darem nou lus vir ‘n warm bord boerekos!” sê Riëtte.

“Rys, vleis en aartappels?”

“Ja. Met sous en boontjies en blomkool met witsous.”

“Hoe lyk dit met ‘n stukkie tarentaal en ‘n halwe beskuit?”

Hulle sit naby mekaar, sodat hulle liggaamshitte kan deel. Riëtte sit tussen Maans en Johnnie. Sy sou eerder langs Die Man wou sit, maar hy is sy normale afsydige self.

“Gaan jy nooit vir ons jou regte naam vertel nie?” vra Riëtte.

“Miskien. Jy het my nog nooit gevra nie.”

Die ander drie sit en dink oor sy antwoord. Dis waar – nie een van hulle het al gevra nie.

“So, wat is dit?”

“Noem my ‘Flip’.”

“Is dit jou regte naam?”

“Naby genoeg.”

Daar is min dinge so erg as ‘n lang nag as jy koud en klam en bedremmeld is. Teen drie-uur word dit effens warmer, maar dan val die reën ook harder. Hulle skuif nog nader aan mekaar, sodat die meeste van hulle onder die enkele grondseil is, wat in Johnnie se rugsak pas. Riëtte is die enigste een van hulle wat relatief droog en warm is en sy raak aan die slaap.

Om vyfuur staan Flip op en gooi nog hout op die vuur. Selfs die droë hout van gisteraand is nou klam en dit vat ‘n ruk om aan die brand te raak. Hy sit ‘n fire-bucket water op en na vyftien minute kook dit. Hy sit hulle laaste drie teesakkies daarin, met ‘n halflepel suiker. Die vier van hulle maak beurte om daarvan te drink, en alhoewel dit te min is, maak dit tog ‘n effense warm kol op die maag.

Met dagbreek trek hulle so droog as moontlik aan, pak op en begin loop. Die klippe is nat en glad na die reën, wat nou weer in ‘n koue mistigheid opgeklaar het en hulle loop versigtig.

Net na tienuur begin ‘n windjie waai en ‘n halfuur later loer die son deur die wolke. Hulle gaan sit op ‘n plat rots en deel die laaste van hulle beskuit, afgesluk met ‘n paar slukke water.

“Dis ons laaste kos, mense. Ons moet òf by mense uitkom, òf iets skiet om te eet en ek dink ons is nou te naby die dorp om skote te waag.”

Teen laatmiddag sien hulle die dorp, ver onder hulle. Dis egter duidelik dat niks en niemand roer nie, behalwe ‘n groepie plunderaars in die middel van die dorp.

“Is jou pa-hulle se kamp nie aan die Oostekant nie?”

“Ja, maar hy het vir my gesê as dinge te warm word, sal hulle ook berg-in verkas. Kyk, daar onder.” Hy wys met sy regterkant na waar die mense was. “Die kamp lyk verlate.”

Johnnie kyk in daardie rigting deur sy teleskoop.

“Ja. Hulle is weg. Nou wat nou?”

“Ek dink die beste gaan wees as ons van hierdie kant af na Hanglip toe gaan. Daar was ‘n radar en radiostasie van die lugmag, genaamd ‘Rudyard’. Miskien kan ons iets daar kry.”

“Hoe ver is dit?”

“Ons kan môre-oggend daar wees.”

*

Ses weke gaan stadig verby, dan agt. Soos dit maar by Afrikaners is, word die kamp skoon en netjies gehou. Alle papiere en plastiek word versigtig hergebruik en daar word werk gevind vir elke dingetjie wat aangery of gevind is.

Daar is genoeg water, die manne het diensbare storte gemaak en ‘n opwasplek vir skottelgoed. Die perimeters is versterk met klippe, waarvan die omgewing besaai is. Hier en daar is ‘n tent se kante met stompe opgebou, sodat dit later soos houthuise begin vertoon.

Die voertuie is gediens en word gereed gehou. Op die oog af lyk dit asof die klomp uitkamp en dit geniet. Streng gesproke is daar ook ‘n aura van permanensie, nie net aan die behuising nie, maar ook die groot sestien by twee en dertig tente wat opgeslaan word vir skool en kerk. Die manne gaan in spanne uit om te gaan verken, te jag en hout bymekaar te maak. Na weerskante toe is die sig oop en hulle kan iemand ver sien aankom.

Op die eerste Maandag van die derde maand, net na ontbyt, klap ‘n koeël teen die kant van een van die voertuie vas. Hierop volg ‘n tweede, derde en vinnig is daar ‘n aanhoudende vuur vanuit die Westekant.

Wie ookal skiet, doen dit met semi- en voloutomatiese wapens. Dis nie werklik goed gemik nie, en die afstand is groot, maar die wet van gemiddeldes bepaal dat as daar genoeg koeëls rondvlieg, een of meer sal tref.

Van die skote tref die tente, van die voertuie en dan is daar ‘n vrou wat neerval; ‘n skoot deur haar sy. Sy begin skreeu vir hulp, maar vir eers wil niemand skuiling prysgee nie. Uiteindelik hardloop twee mans nader, elkeen gryp ‘n arm en sleep haar agter ‘n bakkie in. Die bloed vloei vryelik uit haar lae abdomen.

Skielik is daar ‘n beweging en Petra is daar met ‘n noodhulpsak. Sy skeur die vrou se bloes oop, sien die polsende bloed uit ‘n ronde gaatjie en druk met haar handpalm daarop.

“Draai haar om dat ek kan sien of die koeël uitgekom het.”

Die twee manne doen so en tot Petra se verligting sien sy ook ‘n uitgangswond. Dis nie groot nie, want die koeël het skynbaar nie been getref nie en ook nie organe nie. Petra druk ‘n tampon voor en agter in die wond, en hoop maar vir die beste. Onder die omstandighede is daar nie veel wat sy kan doen nie.

Hierna begin die vrou te hoes, sit half regop en dan kom daar bloed by haar mond uit. Dit loop vryelik oor haar ken, nek en beplas haar klere. Haar oë word glaserig en sy gryp vir ‘n oomblik Mike se hand vas. Sagweg raak sy slap en leweloos. Mike kyk op na Petra, wat net haar kop skud en beduie dat hulle kan los. Sy is dood.

“Ek is nie ‘n dokter nie. Ek het maar gedoen wat ek kon.”

“Dis nie jou skuld nie. Dis wie-ookal wat op ons skiet se skuld.”

Die knal en klap van die skote hou vol, vanaf die hoë krans, Hanglip, aan hulle Westekant. Dis asof die vyand onbeperkte ammunisie het. Van die manne kom nou agter vanwaar af die skote gevuur word en begin terugskiet. Dis egter amper onmoontlik om een raak te skiet, siende dat die vyand té hoog is en agter die muur van die basis kan skiet.

‘n Man kom aangehardloop, regop, sonder om skuiling te soek en amper onbewus van die skote.

“Joan, Joan! Ag Here, moenie dat dit Joan wees nie!

Maar dit is. Joan Martins is dood. Basie Martins sak op sy knieë af by haar, hou haar kop met bloederige hare en glaserige oë vas. Sy hele lyf ruk van rou, ontkenning en woede. Hy sit so vir ‘n paar minute. Een van die manne probeer nader gaan en help, maar Petra hou hom weg.

“Los hom. Jy kan niks nou doen, behalwe skade nie.”

Basie staan uiteindelik op, wink vir sy vriend, Robert om saam te kom en hardloop na sy V8 Land Cruiser toe. Die twee manne klim in, span hulle wapens en die voertuig skop klippe en gras as hy die agterwiele in ‘n draai maal. Hulle kies koers berg-af, in die rigting van die Bluegumspoort pad.

‘n Toe plaashek slaan hard oop en kant toe as die bosbreker van die voertuig dit tref. Basie gooi ‘n wilde draai links in die pad af en feitlik onmiddellik is dit buite sig van die ander.

‘n Paar honderd meter verder is daar ‘n baie styl, geriffelde sementpad wat teen die berg uit kronkel na die Lugmagbasis bo-op. Robert het uit lojaliteit saamgegaan, sonder om te weet waarheen Basie op pad is. Nou begewe sy moed hom, maar hy kan ook nie teen hierdie spoed uitklim nie. Hy roep na Basie om stil te hou, sodat hy kan uitklim, maar dit val op dowe ore. Die boonste hek is natuurlik toe, maar weereens is dit nie ‘n probleem vir die meer as twee-ton voertuig nie.

Die skuts, ou SANW lugmagsoldate en ‘n paar burgerlikes, hoor die voertuig aankom, bokant die geknal van hulle R5’e uit. ‘n Paar van hulle staan op, vanwaar hulle agter die kransmuur kniel en begin skiet in die rigting van die aankomende voertuig. ‘n Streep gate verskyn teen die windskerm van die Land Cruiser en dan is hy tussen hulle. Die bakkie tref drie manne wat teen die muur staan en bars daarna met liggame en al deur die muur, krans af.

Vir ‘n oomblik is daar ‘n staking in die vuur van bo af. Die mense sien mense aan die onderkant, by die kampplek, die stukke klip, baksteen, menselywe en beton vlieg, millisekondes voordat die Land Cruiser daardeur bars. Dit tuimel saam met die bourommel honderde meters af, voordat dit met ‘n slag die grond tref. Dit bars nie in vlamme uit nie, daar is nie ‘n ontploffing nie, maar almal weet dat die insittendes nie die slag en die val kan oorleef nie. Dit gee darem vir Dawie kans om sy mense te laat skuiling kry en teikens om na te skiet. Al wat hulle egter kan doen, is om die boonste skuts se koppe te probeer laag hou.

Bert kruip nader aan waar Dawie agter ‘n stewige rots skuil en dooirus vat. Hy dink nie hy het al enigiemand raakgeskiet nie, maar sien sy koeëls stof uitslaan naby aan die plek waarvan die manne op hulle skiet.

“Ons is vas, Dawie! Wat staan ons te doen?”

“Ons kan niks doen nie. Ons kan nie beweeg nie en jy het gesien wat met Basie en Robert gebeur het. Ons kan net hoop hulle ammo raak op.”

“Christo sê daar is baie duisende rondtes in die bunkers.”

“Hoe weet hy?”

“Hy was immers ‘n lid van die Lugmag, tot anderdag.”

“Wel, dan is ons gemors geboek. Ons kan nie beweeg nie. Nie sonder om seer te kry nie. Kyk of jy soveel moontlik mense onder dekking kan kry. Stuur vir Ron en Boet, Willie en Tanya hierheen. Hulle is ons beste skuts. Ons kan maar net probeer hulle koppe laaghou.”

“Tanya?”

“Ja. Sy is miskien ons heel beste skut. Toe, maak gou!”

Sodra Bert weg is, stel Dawie sy teleskoop se fokus ‘n bietjie fyner.

“Oumansoë!” dink hy. Dan vat hy dooierus oor die rots, haal diep asem, fokus die kruishare ‘n meter bokant ‘n vae donker kol aan die bokant van die kans en knyp los. Die kolverdwyn.

“Het jou, jouvark!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5539 gaste aanlyn