MAAK ONS DANKBAAR!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (16)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Bobby Skinstad het in Natal skoolgegaan en toe hy op Stellenbosch begin studeer,  het hy ‘n paar probleme met Afrikaans gehad.  Hy word hier onderkaptein van die Maties se onder 19’s en sy Afrikaans moes eenvoudig net verbeter.

Een Saterdag is die kaptein egter beseer en Bobby moes oorneem as kaptein.  Soos gebruiklik maak die manne gou kringetjie voor die wedstryd in die kleedkamer om ‘n gebed te doen.  “Kom ons bid,” sê die afrigter.

Bobby besef egter nie dat almal vir hom as kaptein staan en wag nie, totdat een van sy spanmaats langs hom fluister:  “Come on, Bob, pray.”

Heeltemal onkant betrap, laat waai Bobby sommer met die eerste gebed wat in sy kop kom:  “O Lord, for what we are about te receive, make us truly thankful. Amen.”

Die ander manne was dik van die lag maar dit het die spanning heelwat verlig en die jong Maties het ver gewen.