MET EISH!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (20)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

In die dae toe die provinsiale spanne nog trein gery het, reis die Vrystaters eendag ná 'n wedstryd teen die WP so kuier-kuier van die Kaap af terug Bloemfontein toe. Die manne was goed dors en om hulle drankies lekker koud te hou is die kondukteur gevra of hy nie 'n plan met ys kon maak nie.

Dis geen probleem, laat hy hulle verstaan, en gou is hy terug met die ys. En elke keer as die ys opraak en die manne vra nog, is die konduktueur die gang af en bring maar net keer op keer nog klompies ysblokkies.

Maar in een stadium laat die eens gewillige kondukteur hulle verstaan dat hy nie meer ys kan bring nie. Dadelik wil die manne weet wat dak skort. Die kondukteur bly so rukkie stil maar die Vrystaters hou vol dat hulle nog ys wil hê. Toe besluit die kondukteur om maar die waarheid te praat: