SOLANK HY NIE ENGELS IS NIE!

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Drie rugbyspelers sit in die wagkamer van die  kraamafdeling  in hul plaaslike hospitaal en wag op die geboorte van hul onderskeie babas.  Een is ‘n Wallieser, een is Engels en die ander is ‘n Wes-Indiër.

Hulle is al drie baie senuagtig en stap op en af in die vertrek, soos mens maar doen in so ‘n situasie.  Ewe skielik bars die dokter deur die dubbeldeure en sê:  “Menere, julle gaan my nie glo nie, maar jul vroue het hul babas vyf minute uit mekaar gehad.”

Die mans is oorstelp van geluk en vreugde.

“En,” sê die dokter, “hulle het al drie seuns gehad.”

Die vaders is in ekstase en wens mekaar oor en oor geluk.

“Ons het egter een probleem,” sê die dokter. “Met al die chaos het ons dalk die babas omgeruil toe ons hulle na die kinderkamer geneem het.  Ons sal baie dankbaar wees as julle ons soontoe sal vergesel om hulle te help identifiseer.”

Met dié hardloop die Wallieser verby die dokter na die kinderkamer.  Daar aangekom, tel hy dadelik ‘n swart babatjie op se sê:  “Daar’s geen twyfel nie.  Dié seuntjie is myne!”

Die dokter lyk verward en sê:  “Wel, meneer, van al die babas sou ek gedink het hierdie kind is van Wes-Indiese afkoms.”

“Miskien,” sê die Wallieser, “maar een van die ander twee is Engels, en ek gaan nie daai kans vat nie.”