HOU ONS ASB NEDERIG...

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (27)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

In die dae toe klubrugby meestal deur Maties en Tukkies oorheers is, het die Shimlas een jaar 'n goeie oorwinnng oor die sterk span van Tukkies behaal. Een van hulle spelers was die haker Wessel Lightfoot wat ook vir die Vrystaat gehaak het en bekend was vir sy godsdienstige oortuigings. Die manne vra hom toe ná die wedstryd in die kleedkamer om 'n gebed te doen. Saam in die kringetjie staan toe ook die rektor en viserektor van die Vrystaatse  Universiteit.

Ou Wessel sê toe in sy gebed dankie vir die wedstryd wat hulle kon geniet, dat niemand beseer is nie en dat hulle boonop gewen het. Toe sluit hy af met: "En help ons assebief dat ons nie windgatte word nie!"