VANG HOM, HY ONTSNAP!

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (43)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Hier in die 1920's het die spelers van die Eshowe Rugbyklub rugbytruie met breƫ wit en rooi strepe gedra. Een van die spelers, ene Knox, het op 'n dag buite die dorp gaan draf om sy fiksheid op te knap. Ongelukkig vir hom het sy trui baie dieselfde gelyk as die drag wat die gevangenes in die plaaslike tronk gedra het. Nogal van die swart inwoners wat hom sien draf het, het hom vir 'n ontsnapte bandiet aangesien, hom agternagesit, gevang en aan die polisie oorhandig! Die arme Knox moes baie mooi verduidelik voordat hy losgelaat is.