TEL WEER!

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Koos en sy buurman gesels politiek. Koos sê: “Weet jy buurman, die ANC het so wragtig my sensusvorm teruggestuur!”

Buurman, ewe verbaas, vra: “Hoe dan so Koos? Alles op ‘n sensusvorm is mos in elkgeval ‘n spul leuens, waaroor sal hulle nou joune uitsonder?”

Koos antwoord: “Buurman, hulle weier om my antwoord oor my getal afhanklikes te aanvaar. Ek moet glo weer tel en oor invul.”

Buurman: “Ag nee Koos, wat het jy dan geskryf?”

Koos beduie: “Man, ek het net die waarheid gepraat maar hulle hou nie van die waarheid nie. Ek het onder afhanklikes ingevul ek het 2.1 miljoen onwettige immigrante, 4.5 miljoen werkloses, 901,000 in die tronk, en vyf miljoen VIGS-pasiënte.”

“O, natuurlik Koos, nou verstaan ek, jou antwoord is onvolledig! Jy het vergeet om die 565 idote in die parlement vir wie jy ook sorg by te tel.”