TOE KLIM HY AF...

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Die pragtige blondine het 'n splinternuwe rooi sportmotor by haar skatryk pa gekry. Sy wil die motortjie vir die eerste maal uittoets en jaag toe teen 160 kilometer per uur op die snelweg. 'n Konstabel sien haar, spring op sy motorfiets en sit haar agterna. Toe hy haar inhaal, sien sy hom hier langs haar en sy trap die lepel met mening weg. In haar truspieƫl sien sy hoe hy van sy motorfiets afval.
Die volgende dag lees sy die konstabel se verduideliking in die koerant: hy vertel hy het die blonde meisie ingehaal, en toe hy by haar kom trek sy so vinnig weg dat hy seker was hy het pas stilgehou, toe klim hy van sy fiets af om vir haar 'n kaartjie te skryf...