KORSIES OP DIE RUGBYVELD (60)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Oud-Springbok Lucas Strachan was een van die Noorde se groot karakters wat onder meer 479 wedstryde vir Polisie se eerste span gespeel het. Hy was ook afrigter van Tukkies, en een dag voor 'n wedstryd teen Ikeys in die ou Ted Sceales-kompetisie het hy ernstig spanpraatjie gehou.
Om die manne aan te hits teen die Engelssprekende Ikeys het hy by die Anglo-Boere-oorlog begin. Hy was lekker aan die opwarm, het die gemoedere goed laat opvlam, en hy begin sommer om nog 'n volk, die Jode, aan te vat, toe sy oog Alan Miller, die Tukkie-vleuel, tussen sy spelers vang.
"Toemaar Alan, jy's mos 'n Boerejood man!" het hy gou die situasie gered.