(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BAIE LAAT!
'n Rugbyskrywer besoek 'n beseerde losskakel in die hospitaal die dag ná 'n groot wedstryd.
"Ek verneem jy was die slagoffer van 'n baie laat laatvat", simpatiseer hy met die speler.
"Jy kan dit seker 'n laatvat noem, veronderstel ek", antwoorde die speler gelate. "Hy het my in die kroeg platgeslaan ná die wedstryd".