KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

KINDERS SE SÊGOED

ARME DOMINEE

Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klassie wat hulle gaan doen as hulle eendag groot is. “Ek gaan baie geld verdien en vir ons dominee daarvan gee” antwoord Dawie.  “Waarom sê jy so” vra sy verbaas.  “My Engelse oupa sê dat hy ‘the poorest preacher’ is wat hy ooit in sy lewe ontmoet het” antwoord Dawie.