KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

NET DIE TANDE IS VAN JOHANNESBURG...

Die Regter kyk vir Gatiep in die oog en sê:
"Dis nou die 6e jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan. 
''Djou honour," sê Gatiep, "moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry  nie."  
Regter:  "Hoe kan  jy onskuldig pleit as vyf mense jou sien steel het?"
Gatiep: "Djou Honour, ek kan thousands bring wat my nie gesien het nie!"  
Regter:  "Waar is jy gebore?"
Gatiep: "Djou Honour, ek is gebore innie Kaap!"  
Regter:  "Watter deel?"
Gatiep: "My hele lyf is daar gebore, djou Honour, net die tanne is van Joburg af!"