KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

BESIGHEID IS BESIGHEID!

Moishe sê vir sy seun: "Ek wil hê jy moet met die meisie van my keuse trou, ek het die regte een vir jou gekry."
Die seun antwoord: "Dankie, maar nee dankie, ek sal my eie bruid kies."
Moishe sê: "Maar die meisie is Bill Gates se dogter man, jy kan nie so kans laat verby gaan nie!"
Die seun is nou opgewonde: "Wel, in daardie geval, ja pa, OK!"
Moishe besoek net hierna Bill Gates en sê: "Ek het net die regte man vir jou dogter."
Bill Gates antwoord verbaas: "Maar my dogter kan self haar eggenoot kies!"
Moishe sê: "Ja, maar hierdie jongman is 'n visepresident van die Wêreldbank."
Bill Gates nou opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, natuurlik!"
Hierna gaan Moishe om die president van die Wêreldbank te sien.
Moishe sê aan hom: Luister, ek het 'n jongman om aan te beveel as visepresident van jou bank, hy is 'n uitstekende keuse."
Die president antwoord: "Maar ek het alreeds genoeg visepresidente, en daar is nog lang waglyste."
Moishe sê: "Goed en wel, maar hierdie jongman is Bill Gates se skoonseun."
Die president nou ook opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, hoe dan anders!"
En dit is hoe Jode besigheid doen...