VLUG, VREK OF VEG...

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

MIER EN SPRINKAAN

Die meeste mense wat nog weet hoé om te lees het seker al die ou weergawe van Mier en Sprinkaan gelees - dis nie heeltemal soos Jakkals en Wolf nie, ook nie soos Hasie en Skilpad nie; dis bietjie anders.

Onthou nog hoe Mier altyd getrou besig was om huis in stand te hou en in warm somers voedsel bymekaar te maak vir die lang koue winters? In hierdie ouer storie het Sprinkaan mos gedink dis gekheid dat Mier so hard werk terwyl hyself met 'n deel van Mier se geld een woeste wuif-en-lê-partytjie ná die ander hou, tot op 'n dag toe die winter in alle felheid toeslaan met geen kos en skuiling vir hom oor nie. Maar genadiglik vrek die ou lui, ewig vretende alles-verterende Sprinkaan in hierdie storie reeds hier.

Die nuwe weergawe lui egter so: Mier werk nog getrou aan behuising, voedsel en alles wat nodig is om selfonderhoudend te wees en hy gee steeds 'n groot deel aan Sprinkaan terwyl ou lui Sprinkaan steeds alles verteer wat hy kan tot hy naderhand niks meer oor het nie.

Maar toe belê Sprinkaan 'n aanklagkonferensie omdat hy haweloos en honger die winter moet verduur terwyl Mier geborge en versorg is.

Dadelik daag die Sprinkane se Kyk-Net met hul hoofnuusaanbieder heel vooraan daar op, gevolg deur die hele M-Net, CNN, TV1, 2, 3 en Carte Blance op hulle hakke. Nie lank nie toe is ook hulle koerantverslaggewers daar om die beeld gade te slaan en totaal 'n ander rapport daaroor te skryf. Hulle neem hordes siestogfotos en -videos van arme verontregte Sprinkaan en vertoon dit aan die hele wêreld saam met fotos van Mier se netjiese huisie en 'n ongelooflike storie oor hoe hy dit bekom het.

Die wêreld is geskok! Hoe kan daar sulke onreg en lyding wees terwyl sommiges dit so lekker het!

Net die volgende dag hou die Sprinkaanregime se jeugliga 'n gewelddadige optog voor Mier se huis, gooi alles met klippe stukkend en dans gillend op maat van revolusionêre moordliede.

Die Sprinkaan-aartsbiskop kom toe inderhaas daar aan en laat die hele spul hul voorvadergeeste aanbid oor die verskriklike onreg teenoor Sprinkaan.

Intussen zoem die president van die Sprinkane oor hoe hy Mier, dié se familie en vriende met sy masjiengeweer gaan afmaai, en 'n entjie agter hom skree 'n vet Sprinkaan met 'n F in houtwerk ten hemele dat Mier met sy huis, sy kos en sy lewe gaan boet omdat hy ten koste van Sprinkaan en dié se baie broers homself verryk het.

Die Parlement trek dadelik nog 'n wet op teen alle Miere waarvolgens hulle nog meer belasting en boete moet betaal sodat die massas vretende Sprinkane nog meer te vrete sal hê.

Intussen word beslag gelê op al Mier se eiendom en word dit aan Sprinkaan en sy vretende broers gegee wat blitsig al Mier se opgegaarde kos verslind en alles wat nie eetbaar lyk nie aan die brand steek.

Mier besluit toe hy moet  baie vinnig na Australië of Niew-Seeland vlug as hy nie soos talle van die Miere doodgemaak wil word nie want hy en sy klein familie- en vriendekring kan nie teen die oormag Sprinkane veg nie. Of kan hulle...

Sprinkaan word nie lank hierna nie dood aangetref in Mier se vernielde huis. Daar word vermoed dat 'n dwelmverwante of 'n drank-insident sy dood veroorsaak het alhoewel Mier, wat lankal oorsee sit, en dié se vriende, die skuld kry vir Sprinkaan se dood.

Hierna trek daar miljoene Nigeriese en Zimbabwiese spinnekoppe in Mier en sy vriende se vernielde huise in en eens vooruitstrewende en rustige omgewings word dag en nag geteister met met misdaad, moord en onhigiëniese toestande, so erg dat al die riviere vol kieme word en daar naderhand nie meer skoon water of kos in die hele land is nie.

En die "middel van dié storie"?: vlug, vrek of veg!