(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIE EINDE VAN PRONKVOËL...
Die hoenderhaan stap die Paasoggend rustig soos elke oggend die werf vol en skrop-skrop agter elke bossie.
Onverwags kom hy op 'n vreemde klompie eiers onder 'n doringboom af. Hy bekyk die snaakse spulletjie van links na regs, van bo na onder; daar's bloues, groenes, perses, geles en bontkleurige gespikkelde eiers. Só iets het hy nog nooit gesien nie!
Hy staan 'n hele rukkie koponderstebo die bontspul en bekyk.
Skielik spring hy soos blits om en hardloop dat die stof staan dwarsoor die werf tot reg voor die pou, gee hom een vuil kyk voor hy hom bevlieg dat die vere waai en foeter hom ses-nul op...