KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

GLO MAAR DIE SAPD

Die nuutste Suid-Afrikaanse misdaadstatistiek het wye reaksie ontlok. Die polisie se standpunt dat hulle ten volle in beheer van misdaad is word ernstig bevraagteken maar dalk verstaan die burgery nie wat die polisie bedoel nie. Ons meen nou maar, as iemand byvoorbeeld sĂȘ hy is in beheer van 'n koskombuis, beteken dit mos dat hy letterlik sorg dat die dinge daar uitgevoer word. Glo tog maar gerus hierdie keer die polisie: hulle is werklik in beheer van die stygende misdaad in die land...