KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

GOUE OUES

Die miere is moeg vir die renoster wat hulle huise stukkend skoffel. Hy doen ook ander dinge wat hulle vies maak goed soos om op sy rug in hulle bos te lê en dan die voëltjies wat laag vlieg te pootjie...  Die hele bos se inwoners is al moeg vir die lastige renoster.
Toe hou die miere vergadering en besluit dat Willie, die sterkste mier, iets aan die saak moet doen.
Willie skuil agter 'n bos en wag die renoster in. Toe die renoster regoor die bos is, hardloop Willie op sy vinnigste teen die renoster se poot op en op en op...
Toe hy uiteindelik by die renoster se nek kom, skree sy makkers van daar ver op die grond: "Wurg hom, Willie! Wurg hom!!"