KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

UIT DIE MOND VAN DIE SUIGELING...

Die destydse Eerste Minister John Vorster is by geleentheid deur 'n seuntjie versoek om sy handtekening sewe keer te herhaal. Vorster het nogal gewonder waarom die kind sewe handtekeninge wil hĂȘ en vra toe daaroor uit.
Die kind het onbeskroomd en eerlik geantwoord: "Oom, as ek gelukkig is, sal ek dit geruil kry vir een handtekening van Mannetjies Roux!"