KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

'N BOER MAAK 'N PLAN

Fanie du Plessis en 'n groepie Suid-Afrikaanse atlete is op 'n keer in Parys waar 'n mens verlore is as jy nie Frans kan praat nie want die Franse praat nie graag Engels nie – het ookal slim geword...
Fanie en sy geselskap is opsoek na die naaste moltreinstasie. Die eerste Fransman word gevra: "Please direct us tot die underground station?"
Die Fransman haal sy skouers op en stap verder.
Fanie druk sy neus met sy vingers toe en met 'n gemaakte verkouestem sê hy:
"Upi lo direction lo station?"
Die Fransman swaai om en beduie vir hulle die eerste straat links en dadelik regs, dan reguit af!
"Sien julle kêrels," sê Fanie, "'n ou moet net verkoue wees en bietjie Fanagalo ken, dan kom jy reg in Fankryk!"