(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Lastige selfoonboodskappe...
Die ou oom is bietjie swaksiende en weet gewoonlik nie waar hy sy bril neergesit het nie.
Hy en sy vrou sit lekker onder die bome by hulle agterdeur en koffie drink.
Kort-kort maak die oom se selfoon 'bliep-bliep'. Dan haal hy dit uit sy sak, kyk daarna en kla oor die lastige ou Bettie Louw wat hom alweer pla net voor hy die foon weer in sy sak bêre.
Sy vrou word naderhand agterdogtig en vra hom wie Bettie Louw is. Hy sê nee, hy ken haar nie.
Toe die foon nog 'n keer 'bliep', sê sy hy moet dit vir haar gee. Sy kyk, en toe sê sy: "Dis nie Bettie Louw nie man, dit sê Battery Low!"