KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

NET HOENDER

Ons onderwyseres het gevra wat my gunsteling dier is, en ek het geantwoord 'Gebraaide Hoender.' Sy het gesê ek is nie snaaks nie maar sy was verkeerd want al die ander het gelag. My onderwyseres het my na die hoof se kantoor gestuur. Ek het hom vertel wat gebeur het en hy het ook gelag. Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie.
Gebraaide hoender is regtig my geliefkoosde dier.  Ek het my pa vertel wat gebeur het want hy het my geleer om eerlik te wees. Hy sê toe my onderwyseres is seker lid van die Dierebeskermingsvereniging. Hulle is baie lief vir diere. Ek ook. Veral hoender.
Die volgende dag in die klas vra die onderwyseres vir my watter lewendige dier is my gunsteling. Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, en toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide hoender daarvan maak. Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor. Hy het weer gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie. Ek verstaan nie.  My onderwyseres hou nie daarvan as ek eerlik is nie.
Vandag vra die onderwyseres ons watter beroemde persoon ons die meeste admireer. Ek het geantwoord 'Kolonel Sanders'.   Raai waar is ek nou!