‘N STORMERS- BLOUBUL KORSIE

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

In die ou dae sou ons dit ‘n  WP teen Noord-TVL-geveg genoem het...

‘n Gesin van Stormerondersteuners gaan een Saterdag voor Kersfees inkopies doen.  Terwyl hulle in die winkel is, tel die jongste seun ‘n Bulletrui op en sê vir sy suster:  “Ek het besluit ek ondersteun die Bulle en wil hierdie trui vir Kersfees hê.”  Maar sy suster is sommer op die plek baie vies en met ‘n oorveeg vertel sy hom om met sy ma te gaan praat.  Daar gaan hy toe en vertel dieselfde storie vir sy ma.  Dié is net so kwaad oor sy versoek, gee hom nog ‘n oorveeg en beveel:  “Gaan praat met jou pa!”

Hy loop toe druipstert na sy pa toe en huiwerig herhaal hy sy versoek.  “Ek wil die bulle ondersteun en graag hierdie trui vir Kersfees hê.”

Sy pa raak rooi van woede en sê driftig:  “Geen seun van my sal ooit ooit in iets soos daai gesien word nie!”

Later ry die gesin in die motor terug huis toe.  Die pa draai om na sy seun en sê:  “Wel seun, ek hoop jy het vandag ‘n baie belangrike ding geleer.”

“Ja pa, ek het, “antwoord die knaap.

“Mooi seun, en wat was dit?”