NOG ‘N STORMERS- BLOUBUL KORSIE

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

‘n Kaapse onderwyser verduidelik aan sy klas dat hy ‘n vurige Stormerondersteuner is.  Hy vra toe sy leerlinge of hulle ook Stormerondersteuners is.  Almal behalwe een knaap steek hulle hande op.

Verbaas kyk die onderwyser na hom.  “Jannie, hoekom het jy  nie jou hand opgesteek nie?”

“Want ek is nie ‘n Stormers-fan nie.”antwoord hy.

“Nou watse fan is jy dan?” vra die onderwyser.

“Ek is ‘n Bulle-fan en trots daarop,”antwoord die knaap.

“Waarom?” vra die onderwyser, steeds verontwaardig.

“Wel, my pa is een, my ma is een, my broer is een en om die waarheid te sê, my ouma is ook een.”

“O,”sê die onderwyser, duidelik vies vir die mannetjie.  “Dis geen rede om ook ‘n Bulle-fan te wees nie..  Jy hoef nie die heel tyd net soos jou ouers te wees nie.  Wat as jou pa ‘n moroon en jou ma ‘n moroon was, wat sou jý dan wees?”

“Dan meneer,”  glimlag Jannie,  “sal ek ‘n Stormers-fan wees!”