NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling

AFRIKAANS - O SOETSTE TAAL!

Hier volg ‘n pragtige toespraak oor ons taal wat deur Martinus Erasmus, Ondervoorsitter van die ANB gelewer is.

Inleiding

Vriende, as u en ek vandag beweer dat ons lief is vir ons volk, en ons beywer ons vir die belange en voortbestaan van ons Afrikanervolk hier in Suid-Afrika, dan móét ons ons óók beywer vir die belange van ons Afrikaanse taal! Dan móét ons ook lief wees vir ons taal! Want volk en taal is nie van mekaar te skei nie. As ons taal ondergaan, gaan ook ons volk tot niet.

As óns ons kosbare moedertaal in ons huise en families nie hoog ag, na waarde skat en koester nie, sál sy besmet, vertroebel en vermink word... en dan sál ons ook nie meer ‘n Afrikanervolk wees nie, én, ons sal niemand daarvoor kan blameer as net onsself nie! Want ons het ons taal nie suiwer gepraat en ons kinders ook nie so geleer nie.

Op hierdie besondere taaldag, 14 Augustus, nog ‘n belangrike gedenkdag op ons volkskalender, wil ons kortliks enkele hoogtepunte uit die geskiedenis en ontwikkeling van ons Afrikaanse taal in oënskou neem. Mag ons hieruit sien wat ‘n geweldige taalstryd ons voorgeslagte dwarsdeur die geskiedenis moes voer, sodat ons vandag Afrikaans as ontwikkelde, verfynde, afgeronde en moderne taal kan besit, gebruik en waardeer. En mag ons ook besef dat ons hierdie selfde taalstryd, vandag, miskien meer as ooit te vore, sal moet bly stry, ter wille van die oorlewing en voortbestaan van ons aller kosbaarste kultuurskat en kleinood – ons Afrikaanse taal!

Wordingsperiode

 Oor die wordingsperiode (“ontstaantyd”) van Afrikaans kortliks die volgende:

Nadat Jan van Riebeeck in 1652 die 17de eeuse Nederlandse volkstaal hier op Afrika-bodem kom oorplant het, het dit nagenoeg 100 jaar geduur, dus rondom 1750, voordat ‘n hele aantal buitelandse besoekers wat die land deurreis het, in hul geskrifte en verslae pertinent daarvan melding maak: dat die taal van die gewone boere-bevolking, veral op die platteland, by verre nie meer die geykte Nederlandse taal is nie. Soveelso, dat hulle in hul verblyf by die mense, die taal aanvanklik “moeilik verstaanbaar” gevind het.

Daar bestaan dus duidelike bewyse dat ‘n eie “taal”, of eerder ‘n eie “Afrikaanse volkspraak”, reeds binne die eerste 100 jaar sedert Jan van Riebeeck se aankoms, onder ons Nederlandse en Franse voorgeslagte, ontwikkel het. Gaan ons die historiese gegewens hieromtrent na, kan ons met sekerheid stel dat Afrikaans as eie taalvorm in Suid-Afrika in die jare 1750 tot 1775 sy beslag gekry het. Hoewel nog met sterk ooreenkomste met Hollands, het Afrikaans as taal in Suid-Afrika reeds in 1775 bestaan.

‘n Ene prof. E.C. Pienaar, wys in sy boek “Die Triomf van Afrikaans” op dié merkwaardige feit, dat geen dialekvorming in die Afrikaanse taal plaasgevind het nie. Dit is iets wat onder die meeste Europese tale baie algemeen voorkom. Mense op verskillende plekke praat verskillende dialekte van dieselfde taal. In die lig van die besondere gebeure rondom die Groot Trek (1836-1840) is dit merkwaardig dat ‘n eiesoortige Afrikaanse dialek juis nié in die noorde van ons land gevorm het nie. Hieruit, volgens Prof. Pienaar, is slegs af te lei dat Afrikaans sy beslag moes gekry het lank vóór die Groot Trek.

Nog ‘n opvallende verskynsel lê in die feit dat Afrikaans, sover dit sy struktuur aangaan, ‘n suiwer Dietse loot van die ou stam gebly het. Dit blyk uit die talle Dietse erfgoed wat tot ons taalskat behoort. Hieruit volg dan dat Engels géén invloed gehad het op die oorspronklike vorming van Afrikaans nie. Anders moes die taalbeeld vanselfsprekend veel eerder Albioniese familietrekke as Dietse familie-trekke vertoon het. Ons weet maar al te goed hoe sterk die anglisistiese invloede hulle later laat geld het, veral sedert die begin van die 1800’s toe die Engelse beheer oor die Kaap gekry het. Maar ons Afrikaanse woordeskat, woordvorming, sinsbou en idioom lewer afdoende bewys dat die invloed van die Engelse taal nog nie aanwesig was in die wordingsperiode van Afrikaans nie. (Aldus prof. Pienaar)

Engels, vriende, het met die ontstaan van Afrikaans, niks te make gehad nie!

Angliseringsperiode

 Deur die vorming van ons Afrikaanse táál het boer (met ‘n kleinletter) ontwikkel tot Boer (met ‘n hoofletter). Ons Boerevolk het ontstaan vanweë sy eie, aan hom kenmerkende, “Boerespraak”. Vanuit ons táál is ons volk gebore.

Maar nou ontstaan die vraag: Hoe het dit gebeur dat Afrikaans, hierdie “Boerespraak” wat reeds aan die begin van die 19de eeu oor die uitgestrekte vlaktes van ons Vaderland algemeen gangbaar was in die volksmond, éérs meer as ‘n honderd jaar later, en dan ook eers ná ‘n hewige taalstryd, amptelike erkenning as landstaal van staatsweë sou verkry? Die antwoord kan in drie woorde opgesom word: Die Britse Veroweraar.

In 1795 neem Engeland die Kaap met wapengeweld “in bewaring” om dit sogenaamd vir Nederland teen Frankryk (dit is Napoleon) te beskerm. Dat dit van die begin af die bedoeling van Engeland was om hierdie “bewaring” van permanente aard te maak, blyk uit die feit dat daar reeds in 1796 na die Kaap verwys is as ‘n Engelse “kroonkolonie”. En skaars 5 jaar na die eerste Britse besetting word na Engeland verwys as die “parent state”. 

Boonop is van alle burgers ‘n “eed van trou” aan die Engelse koning ge-eis, waarteen o.a. die Graaff-Reinetters in verset sou kom en deur geweld en valse beloftes tot onderwerping gedwing moes word. Twee van ons eerste Afrikanerleiers, Marthinus Prinsloo, en Adriaan Van Jaarsveld is twee jaar lank deur die Engelse in ‘n donker gat in die Kasteel in Kaapstad gevange gehou, om die gees van hierdie nuwe Boere “taalvolk” te probeer knak. Vyftien jaar later is Marthinus Prinsloo se seun, Hendrik, een van die wreed veroordeel en tereg-gesteldes, by Slagtersnek. Alles omdat hul hul eie nuutgevonde taal en volkskap hoog geag het, geweier het om te verengels, en daarom deur die Engelse regering aan die genade van die Xhosas op die oosgrens oorgelaat is.

Feit is: Engeland wou die hele land omskep in ‘n slegs Engelsprekende Britse Kolonie. Daarom was daar geen plek meer vir Hollands in die Kaap nie, wat nog te sê van hierdie nuwe “Boerespraak” wat toe al reeds jare lank so algemeen gepraat is. Deur verskillende Britse regeringslui en goewerneurs oor dekades heen sou ‘n totale verengelsingsprogram van die Kaapkolonie bykans vir ‘n 100 jaar lank, hoogty vier. Sogenaamde “Vryskole” is begin waarin ingevoerde Engelse onderwysers onderwys aan ons Boere-kinders, gratis gegee het. (Sou daar per ongeluk in die skool ‘n Hollandse of Afrikaanse woord uitglip kry so’n kind ‘n bordjie om die nek: “I’m a donkey”. Hy kan dan van die bordjie net ontslae raak wanneer hy weer een van sy maats op so ‘n “verbode” woord betrap.)

Engelsprekende Skotse predikante is ingevoer met die bedoeling om die kerke, en dus die godsdiens-taal, stelselmatig te verengels. Alle staatsinstellings het slegs die gebruik van die Engelse taal vereis. Engeland het die Kaap kom roof en teen wil en dank moes alles en almal die taal van die Veroweraar aanvaar, en mettertyd, maar self begin praat:

Engels! Engels! alles Engels!

Engels wat jy sien en hoor;

In ons skole, in ons kerke,

word ons moedertaal vermoor

So verwoord ‘n Patriotdigter later ‘n toestand, wat in die Kaapkolonie dekades lank sou voortduur, en waaraan die Afrikaanssprekende Afrikaner, wat om bepaalde redes nié saam op die Groot Trek weggetrek het nie, hul lewens lank te make sou hê.

Aanvoorperiode

Vriende, die feit dat die oorgrote meerderheid van ons jong Boerevolk hul taal in hul huise en families bly praat het en hul te midde van geweldige druk nie laat verengels het nie, is alleen te danke aan die genade en beskikkinge van die Alvermoënde God wat hul geken en aanbid het. Die Nederlandse Staten Vertaling was die Bybel wat hul geken en gelees het. Hollands sou sodoende nog vir ‘n geruime tyd die godsdienstaal van ons voorgeslagte bly. Afrikaans het hulle gepraat. In Hollands is daar gepreek en skool gegee In Hollands het hul kinders geleer lees en skryf. Die gedagte om hierdie eie “Boerespraak” van hulle op papier vas te lê sou by vele nie eens opgekom het nie.

“Klaas Waarzegger” (1860)

Op ‘n los aanhegsel van “The Cradock News” in Desember 1860 verskyn uit die bloute ‘n artikel onder die opskrif: “Zamenspraak tusshen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar over het onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie.”

Hoewel die opskrif in Hollands is... volg die res van die artikel... in Afrikaans! En ál ons Boeremense lees vir “Klaas Waarzegger” en die artikels wat daarop sou volg, nié omdat hulle erg het aan die politieke ideaal van Louis Henry Meurant, die Cradockse magistraat wat, in plaas van een Engelse kolonie, twéé Engelse kolonies wou hê nie, maar, omdat dit hulle táál is wat hulle, vir die heel eerste keer, lees! Afrikaans, as geskrewe taal, het sy heel eerste treetjie gegee! En dit uit die pen van ‘n engelsgesinde wat die boere bevolking van sy politieke strewe wou probeer oortuig deur in hulle táál vir hulle te skryf...

Die mens wik, maar God beskik.

1500 Kopieë van die Cradockse koerantjie word opgeslurp. Nog twee Hollandse koerante, Het Volksblad en De Zuid-Afrikaan, publiseer dieselfde “Samespraak”... en ons Boere-mense reg oor die land is verheug! Afrikaans, hulle eie “boerespraak”, op skrif!

Francis William Reitz (1870)

En so, vriende, het die Afrikaans geskrewe-wiel spreekwoordelik aan die rol geraak. In die jaar 1870 verskyn in die Cape Monthly Magazine : “Klaas Gezwint en zijn Paert” uit die pen van die later algemeen bekende president van die Oranje-Vrystaat, FW Reitz. As jong advokaat in Kaapstad sou Reitz verskeie uitlandse gedigte op geestige en komiese wyse verafrikaans. En so is Afrikaans, vir die eerste maal op besonder geslaagde wyse, in versmaat aangewend.

Arnoldus Pannevis (1872) In die jaar 1872 tree vir die eerste keer ‘n taalgeleerde na vore wat die deugdelikheid van die Afrikaanse volkstaal aantoon en die bestaansreg daarvan bepleit – Arnoldus Pannevis. As leraar in die klassieke tale aan die Paarlse Gimnasium sou hy ‘n stille maar kragtige invloed uitoefen op ‘n hele aantal jong manne... by name: SJ Du Toit, CP Hoogenhout, DF du Toit, en andere. Hy moedig die mense in die Paarl vurig aan “om die spreektaal ook als skrijftaal te erken en te gebruik”. Die heel eerste gedagte aan ‘n Afrikaanse Bybelvertaling het by Arnoldus Pannevis ontstaan.

Casper Peter Hoogenhout (1873)

Een van Pannevis se leerlinge – Casper Peter Hoogenhout – word in 1870 onderwyser in Groenberg (Wellington), waar hy oor ‘n bestek van 40 jaar sy leerlinge sou aanmoedig om die pen op te neem en in hul eie taal te skryf. Hierin stel hy aan hulle die voorbeeld deur self onder die skuilnaam “Klaas Waarzegger jnr” ‘n reeks lewendige “Gesprekke tussen Oom Jan Vasvat en Neef Daantjie Loslaat” in De Zuid-Afrikaan van 26 Julie 1873, te laat publiseer. Op heel vurig dog gemoedelike trant is “Oom Jan” ‘n kampvegter en “Neef Daantjie” ‘n teenstander van Afrikaans. Verskeie bydraes uit die pen van CP Hoogenhout sou later die Patriot vul onder sy skuilnaam: “Oom Jan wat versies maak”. Hy is besonder uitgesproke daaroor dat, hier op die bodem van Afrika, Hollands en Engels in werklikheid, vreemde tale is. Net soos Pannevis was ook CP Hoogenhout ‘n yweraar vir ons Afrikaanse Bybelvertaling. ‘n Eie vertaling van Mattheus 28 is onder sy nagelate manuskripte gevind.

SJ du Toit  

In die Zuid-Afrikaan (Julie 1874) verskyn onder die skuilnaam “Een Ware Afrikaander”, drie artikels uit die pen van Ds. Stephanus Jacobus du Toit, oor “De Afrikaansche Taal” waarin hy op bekwame wyse nie slegs die bestaansreg van Afrikaans bepleit nie, maar ‘n algehele nasionale volksontwaking. Met Ester 1:22 as verwysing toon hy aan dat elke mens en elke volk maar één moedertaal besit – die taal van die hart – wat deur talle assosiasies van jongs af aan elkeen geheilig is. Wie dus ‘n volk sy taal ontroof, laat dit wees deur lis of geweld, begaan ‘n groot onreg, want hy handel nie net strydig met die eersgeboortereg van volkere nie, maar ook in stryd met Gods Woord.

In ‘n tweede artikel ontbloot ds. Du Toit die drogredenasie dat Afrikaans geen taal is nie omdat dit glo geen eie inhoud en vorm sou besit nie, maar slegs ‘n armoedige dialek van Nederlands sou wees. As dit waar is, dan is Engels ook geen taal nie... As jy byvoorbeeld die woorde van Latynse oorsprong uit die Engelse woordeskat sou wegneem, sou die Engelsman nie in staat wees om een enkele gedagte in sy eie taal uit te spreek nie.

In ‘n derde artikel toon hy aan hoe dwaas en onregverdig die verengelsingsbeleid is, hoe treurig dit, as gevolg daarvan,in die parlement, geregshowe, skool en kerk gesteld is, en dan die wekroep: 

“Afrikaanders! Merkt gij het nog niet waar het henen wil? ‘t Is tijd dat gij ontwaakt! Weldra is het te laat! Wij bedoelen Afrika’s toekomst – een eigen nationaliteit. Doch zonder taal geen natie. Daarom. Afrikaanders, houdt uw land, uw volk, uwe taal in eere!”

Dit was duidelike taal, op die man af, wat nie sonder uitwerking kon bly nie. Dié wekroep het ons volk begin wakker skud en tot gesamentlike optrede aangevuur.

Die stryd in alle erns

Vriende. Sonder om nou hier op die aanloop tot die vergadering in te gaan – Op die 14de Augustus 1875 vergader ‘n agttal voorstaanders van Afrikaans aan huis van Gideon Malherbe, in die Paarl. Volgens die notule: “een voorlopige Vergadering van Afrikaanders”.

Aanwesig is:

SJ Du Toit; GJ Malherbe; August Ahrbeck; DF du Toit (snr); DF du Toit (jnr); CP Hoogenhout; PJ Malherbe; SG du Toit.

Met die uitsondering van CP Hoogenhout was almal familie en Hugenote afstammelinge. Tydens die vergadering is die “Genootskap van Regte Afrikaanders” gestig. Die doel van die Genootskap was drieledig: “om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land”. Vir hierdie handjie vol “ware Afrikaners” van die GRA was daar veel meer nodig as net persoonlike oortuiging en geesdrif vir die goeie reg van die taal; daar was nodig geloofsmoed, idealisme en volharding;want so ontsaglik groot as wat die voorgestelde taak was, so klein was daarenteen die Gideonsbende en so beperk die geldmiddele en werkkragte. Dit sou van iedereen heelhartige toewyding en onbaatsugtige liefdesdiens vereis, wat smaad en hoon en bittere teenstand en vyandskap sal kan trotseer sonder om tou op te gooi.

Uit die drieledige doelstelling, vriende, - vir taal, vir volk en land – sien ons hoe groots en omvattend die GRA sy ideaal gesien en sy taak gestel het. Dit het hier gegaan nie bloot om Afrikaans as skryfmiddel te gebruik, dit tot vaardige taalwapen te smee en tot doeltreffende draer van die strydende gedagte te maak nie. Dit het in die eerste plek daarom gegaan, ja, want die taal was die aangewese middel om die nasie te bereik en te be-arbei, maar dit het om nog veel méér gegaan.

Die vloedgolf van verengelsing het teen hierdie tyd naby sy hoogwatermerk gestaan, terwyl die nasionale bewussyn van die Afrikaner op laagwatermerk gesluimer het. Hierdie nasionale bewussyn moes wakker geroep, desnoods wakker geskree word. Want die volkstoekoms was op die spel en dit kon weldra te laat wees om die volk van nasionale ondergang te red. Naas die kulturele en politieke ideale het ook die ekonomiese landsbelange ernstige aandag vereis.

Kortom – “om te staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land” het vir die GRA niks minder beteken nie as die teweegbring van ‘n algehele nasionale oplewing wat alle terreine van die volkslewe sou raak, met uiteindelike ideaal: Éen Afrikaanse Moedertaal, één verenigde Boerevolk, één onafhanklike Vaderland.

Die Afrikaanse Volkslied

Die eerste amptelike publikasie van die GRA was ‘n doelgerigte optrede. Daar was die aanvoeling dat daar op daardie stadium nog geen volkslied bestaan het wat die nasionale sentiment van die Afrikanervolk as geheel vertolk het nie. Vir dié doel is “Die Afrikaanse Volkslied” saamgestel deur samewerking van vier van die lede van die GRA, naamlik: Pannevis, Hoogenhout, DF en SJ du Toit. Op die tweede GRA-vergadering is besluit om 300 kopieë te laat maak en te versprei:

’n Ieder nasie het syn LAND

Ons woon op Afrikaanse strand.

Ver ons is daar gen beter grond

Op al die wy’e wereldrond.

Trots is ons om die naam te dra

Van kinders van Suid Afrika.

 

‘n Ieder nasie het syn TAAL

Ons praat, van Kaap tot in Transvaal,

Wat almal maklik kan verstaan,

Wat gaat die ander tale ons aan?

Ons praat, so’s Pa en Oupapa,

Die Landstaal van Suid Afrika.

So lui die eerste twee verse... gevolg deur nog drie verse wat aantoon dat elke volk sy “Wet”, sy “Reg” en deur God bepaalde “Tyd” het.

En dan eindig die slotvers:

Want al die nasies het één God.

Hy re’el ider volk syn lot;

Hy het vir ider volk syn Taal,

Syn Land, syn Reg, syn Tyd bepaal.

Wie dit verag sal Syn straf dra.

O God, beskerm Suid Afrika.”

Die Afrikaanse Patriot

Vriende, reeds vanaf sy stigting sou hierdie handjie vol begeesterde voorlopers van die GRA spoedig by wyse van sy eie mondstuk, Die Afrikanse Patriot, op ernstige en tog gemoedelike en selfs komiese wyse die Afrikanervolk vir sy taal laat opstaan. Die lees van Afrikaans was van toe af nie meer ‘n al te seldsame verskynsel nie. En deurgaans is die volk opgeroep om self ook die pen op te neem en in hul eie Moedertaal te begin skryf. Bydraes, artikels, gedigte, verhale en staaltjies in die Afrikaanse taal het van reg oor die land die Paarl ingestroom. Die Genootskap-manne is deur die volk geen rus gegun nie. En te midde van geweldige teenkanting, spot en verguising deur al wat Engelsman en liberalis is, het die Patriot sy boodskap deur die hele land begin versprei.

Vriende, en nou moet ons ook hier weer raaksien hoe ons Alvermoënde God álle dinge beskik. Vanweë die taalvorm alleen sou die Afrikaanse Patriot sekerlik nie landwyd so geweldig populêr geword het nie. Nee, dit was eerder ons nasionale volkspolitiek wat daarin verkondig is wat die volk laat regop sit het... En daar gebeur plotseling die anneksasie van Transvaal deur Sir Theoplilus Shepstone op 12 April 1877...

Vriende. ‘n Groter guns as dit kon Engeland ons Boerenasie nie bewys het nie. Afrikaners reg oor die land was verontwaardig. En die Patriot het die geleentheid aangegryp om ons Boerevolk oor die ganse Suid-Afrika te laat insien met watter onreg die Engelse besig is. En dat daar vir ons net een uitweg is en dit is om daarteen op te staan. Dit was dan ook die woorde onder die opskrif “Lydelik verset nou ydelik verset” in die Patriot van 8 Oktober 1880 wat Genl. Niklaas Smit laat sê het: “Mense, maak skoon julle roers.”

En met die gunstige afloop van die Eerste Vryheidsoorlog na die Slag van Amajuba op 27 Feb. 1881, publiseer die Patriot sy bekende “Transvaalse Vryheidslied”:

Die Vierkleur van ons dierbaar land

Die waai weer o’er Transvaal,

En wee die Godvergete hand,

Wat dit weer neer wil haal!

Hierna is die Patriot oorstroom met vaderlandse verse.

“Om Jan” (CP Hoogenhout) het die verloop van elke veldslag

in versmaat navertel en eindelik ook ‘n “Vredelied” gedig:

Vrede! vrede in Transvaal!

Kniel neer,

Loof en dank tienduisendmaal

Die Heer!

Roem en prys Syn grote Naam

Man en vrou en kind te saam;

Spreek met eerbied en ontsag

Van Syn wondre dag an dag.”

Vriende, deur Gods genade het die Afrikaanse Patriot, en daardie handjievol “Ware Afrikaanders” in die Paarl vir ons Afrikaanse volkstaal ‘n pad oopgetrap en deur vooroordeel en teenstand heen ‘n weg na die boerewoning en volkshart gebaan, om die sluimerende nasionale gevoel daar nugter wakker te roep.

Slot

Hierdie nasionale volksgevoel en liefde vir ons taal kom op besondere wyse na vore in die gedig “Di Afrikaanse Taal” deur Jan Lion Cachet. Hierin word ook op digterlike wyse verwoord die edele stryd wat ons Afrikaanse taal moes voer om uiteindelik as “Eerste Landstaal van Suid-Afrika” erken te word. Ons Afrikaanse taal word hier voorgestel as ‘n eenvoudige pragtige boerenooi. 

Ek is ‘n arme boerenooi,

By vele min geag;

Mar tog is ek van edel bloed,

En van ‘n hoog geslag.

Uit Holland het myn pa gekom,

Na sonnig Afrika;

Uit Frankryk, waar die druiftros swel,

Myn liwe mooie ma.

Ons Afrikanervolk het tot stand gekom vanweë ‘n huwelik tussen Nederlandse Geuse en Franse Hugenote.

Hul skel my uit ver Hotnots myd;

Mar ek gé daar nie om;

Want an myn lippiis kan jy siin

Van wat geslag ek kom.

Soet vloei di woordjiis uit myn mond;

Dit het ek van myn ma;

Mar as ek bid dan hoor je wel,

Ek is ‘n kind van pa.

“Hotnots myd” verwys na die veragting wat ons Afrikanse taal moes verduur

Myn sussi, wat uit Holland kom, (dit is die Hollandse Taal)

Di hou verniit haar groot:

Di lug is al te skerp ver haar;

Sy is al amper dood.

Die Afrikaanse Taalbond is gestig wat be-oog het om eerder Hollands as Afrikaans te bevorder.

Di Dokters kom nou by makaar,

Hull’ maak te saam ‘n ‘Bond’;

Mar tog met al di doktery

Word sy nooit weer gesond.

En dan is daar die Engelse taal...

Myn niggie met haar stywe nek,

Di loop in rooi satyn;

En baing jonkmans loop haar na;

 

Sy denk hiir baas te syn.

Mar as di awenduurtji kom,

Dan is di klomp by my.

Dis ‘hartji’ voor en ‘hartji’ na:

‘Laat ons ‘n bitji vry’.

Afrikaans het vir ons volk hul lieflingstaal geword. Dis die “boerenooi” wat ons Boerevolk se hart gewen het . En dan eindig die laaste twee strofes met die grootse ideaal van die Afrikaanse taal:

Om oor die ganse Vaderland erken, gekoester en geliefd te wees.

As ek mar eers myn vryer het,

‘n Digter vol van moed;

Een, wat my om myself bemin,

En ni mar om myn goed;

Wanneer di vryer tot my kom,

Vat ek hom by di hand,

En maak ek hom, hoe swak ek skyn,

Nog koning in di land.

 

Want ek het onder in myn kis

‘n Ware towerstaf,

Wat ek nog van myn ouma het,

En niemand weet daar af.

Hef ek di staf op, ‘Moedertaal’,

Dan volg die land my na;

En ek is net nou koningin

Van heel Suid-Afrika.

Vriende, mede-Afrikaners, kom ons koester weer ons taal en gaan met bewondering oor haar skoonheid waardig met haar om.

Ek dank u.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1207 gaste aanlyn