20 DESEMBER 2020

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons smag almal na innerlike rus en vrede. Die vrug van die Gees bevat nege gawes waarvan sagmoedigheid een is. Ons sondige natuur laat ons gewoonlik ons eie belange en voordeel soek wat ons heel dikwels bitsig en wraakgierig maak teenoor ons geliefdes en naastes. Die Here sĂȘ dat die sagmoediges die nuwe aarde ontvang, en Hy stel ons wel in staat om die natuurlike drang na selfgelding te oorwin. Bid vir daardie werking van die Heilige Gees in jou hart sodat jy die gawe om sagmoedig te wees, kan ontvang want dit bring vir jou rus en vrede.