10 JANUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kry almal 'n laaste geleentheid om na God terug te draai;  besef ons die noodsaak daarvan? Jesus het sy twaalf dissipels uitgestuur met die bevel om in verskeie stede en dorpe te gaan preek om die afgedwaaldes te bekeer; maar as die mense nie na hulle wou luister nie, moes hulle uit daardie huis of daardie dorp uitgaan en die stof van hulle voete afskud; en dán, het Jesus gesê, sal dit vir daardie stad in die oordeelsdag baie erger wees as wat Sodom en Gemorra deurgegaan het.