18 JANUARIE 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om kritiek uit te deel is maklik maar dis nie so aangenaam om dit te ontvang nie. Dit kan soms baie seermaak maar ons moet onthou dit kan ook 'n tydige boodskap wees wat jou kan red van iets afbrekend lp jou lewenspad. Al haat ons dit het ons dit baie nodig in ons lewens. Die regte manier om dit te hanteer is doodeenvoudig om die nodige perspektief te kry daaroor en dit wat ongeldig is te ignoreer terwyl ons die geldige ter harte neem en dit gebruik om dinge te verbeter.