13 FEBRUARIE 2026

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus moes as volkome mens hier op aarde leef. Nie net is Hy as 'n mensebaba gebore nie, maar het Hy ook die emosies van 'n mens gehad. Johannes 11 beskryf vir ons hoe geweldig bewoƫ en in sy Gees ontsteld Jesus was toe Hy sien hoe hartseer die mense oor Lasarus se dood was; Hy het selfs saam met hulle gehuil voordat Hy Lasarus uit die dood opgewek het. Hoe goed begryp Hy nie ook jou pyn en hartseer vandag nie!