25 April 2020

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Terminale siekte laat ons opnuut besef dat ons tyd min geraak het.  Tyd is nie ons reg nie; dis ‘n voorreg.  Ons besit dit nooit.  Dis aan ons geleen, ja, ‘n kosbare stukkie leengoed uit die hemel.  Die sekerheid van ‘n ewige lewe laat ons egter berus dat ons veilig in God se hand is.  Niks wat die moeite werd is, gebeur sonder opoffering nie.