NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! - Klaagliedere 3:56-57

DIE SAMARITAAN

E. Van Nantes

Dr. D.F. Malan, Leier van die Opposisie, 1938 : "Stoflike welvaart alleen kan geen volk opbou nie. Ook ‘n volk moet ‘n siel hê, anders is hy niks meer nie as ‘n geografiese uitdrukking, ‘n vormlose en karakterlose versameling en ‘n prooi van elke wind wat waai. Egte godsdiens, onvervalste vryheid en die suiwere bewaring van sy blanke ras en beskawing is onmiskenbare vereistes vir ons eie volksbestaan. Sonder dit kan die Suid-Afrikaanse volk geen toekoms hê nie....”

“Die Groot Trek het ons ons volksiel gegee. Dit was die bakermat van ons eie nasieskap. Dit sal altyd vir ons aandui die bakens op ons pad en vir ons dien as die vuurtoring in ons nag. Dit sal oor die geslagte heen vir ons wees die helderste en kragtigste wekroep tot grootwees en grootdoen. . .Ek het geen ander boodskap vir die Afrikanervolk nie as dié van Bloedrivier self : Glo in GOD! Glo in jou volk! Glo in jouself!”[1] 

Met die lees van Dr. Malan se woorde was die eerste gedagte dat dit treffend, besielend en inspirerend vir ieder en elke volksgenoot behoort te wees. . .  dat hierdie woorde sό betekenisvol is dat álmal daarvan kennis behoort te neem . . .  dat dit inderdaad die sleutels tot die voortbestaan van enige volk verteenwoordig!

Gaan sit en dink mens oor hierdie woorde behoort dit duidelik te wees dat daar vir die mens géén groter roeping kan wees as om God, sy volk en homself lief te hê nie. Wat meer is, hierdie einste beginsel word deur die Bybel self onderskryf. Mat. 22:36 tot 40 lees soos volg :

Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.

Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Of Dr. Malan met hierdie toespraak die bedoeling gehad het om sy volksgenote te herinner aan God se Woord en of die ooreenkoms blote toeval was, kan nie gesê word nie, maar dat die waarheid daarvan onmiskenbaar is, is seker.

Teenstanders sal vinnig wees om die skrywer se siening van “volk = naaste”, as on-Bybels af te maak aan die hand van die barmhartige Samaritaan-gelykenis. Skrywer huldig egter ‘n ander hipotese rondom hierdie gelykenis. Kortliks kom dit op die volgende neer :

i)   As agtergrond kan genoem word dat Israel, volgens landkaarte uit drie provinsies bestaan het tw. Judea, Samaria en Galilea. Jerusalem geleë was in Judea terwyl Jerigo in Samaria gesetel was. Die Samaritane in Samaria, en die Jode in Judea, gewoon het.

ii)  Dit is algemeen bekend dat die Jode die Samaritane verafsku het omdat laasgenoemde tydens die ballingskap vermeng het met ander volke.

iii) Jode het geweier om deur Samaria te reis aangesien hulle nie kontak met die land of sy inwoners wou hê nie. Jesus moes egter deur Samaria reis. Die verhouding tussen Jood en Samaritaan word in Luk 9:53 bevestig: En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.

iv) Die gelykenis self :
Luk 10:30       En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval,..” - ’n Sekere man kan na enige persoon verwys, maar die feit dat hy oppad was na Jerigo in Samaria, vergroot die moontlikheid dat die man ‘n Samaritaan was.

Luk 10:33       Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,..” - Die “innige jammer” van die “sekere  Samaritaan” strook met die beginsel van broederliefde en versterk die gedagte dat die “sekere man” in vers 30, net soos hy, όόk ‘n Samaritaan was.

Luk 10:36       Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” - Die uiteindelike antwoord op die vraag was in die kol, naamlik dat ‘n Samaritaan se naaste inderdaad ander Samaritane sal wees.

Luk 10:37       “En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.” – Die opdrag aan die wetgeleerde was dat hy netso teenoor sý naaste moet gaan optree.

v)  Wat sê die Woord verder ten einde “naaste” nog duideliker te definieer :

Lev 19:18  “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

vi)     Die beginsel van “soort by soort” is so oud soos die berge self en is onlangs reeds breedvoerig deur ‘n ander skrywer op hierdie webblad bespreek.

Dieselfde woorde van Dr. Malan is egter ook verdoemend, treurig en hartverskeurend wanneer die beeld van daardie eensame wit damesstudentjie wie deelneem aan die “fees-must-fall”-betoging terwyl sy omring is deur ‘n swart massa, op die nuus verskyn, of wanneer ‘n witkopnooientjie vol selfvertroue op die voorblad van ‘n Afrikaanse tydskrif met haar nuwe swart huweliksmaat pryk of wanneer die wit egpaar wie hul ontferm het oor ‘n swart wesie deur hom aan te neem en offisiëel deel van hul gesinnetjie te maak, voor jou verby stap, of wanneer daardie wit radio-omroeper galbraak oor ‘n luisteraar wie dit durf waag het om die waarheid oor hierdie land en sy regering op die lug kwyt te raak, of die maatskappy wie sy borgskap aan ‘n vermaaklikheidskunstenaar onttrek omdat Die Stem deel van sy vertoning uitmaak, of die kunstenaar wat die Oranje-Wit en Blou wat deur ‘n aanhanger oor sy skouers gedrapeer is skaam-skaam afhaal. . .  alles optredes om solidariteit met ander, eerder as die eie te toon. Dit is die Samaritaan. . .  die barmhartige Samaritaan soos deur die wêreld aan ons voorgehou.

Hierdie wêreld is vol van hulle, van hier tot in Europa. Die Boer se eerste kennismaking met hierdie Samaritaan was in 1828 met die filantropiese beleid van die Britte en daarna die legio anti-apartheidsorganisasies wat in Europa en die VSA gestel was. Met die invloei van die arme “refugees” in al wat Europese land is en die Mexikane wat die VSA binnestroom, is hierdie Samaritane die groep wat die spul met baniere en blomme verwelkom en wie hul eie volksgenote veroordeel as rasiste en xenofobe omdat laasgenoemde die invloei probeer stuit. En, wat is besig om nou in hierdie lande te gebeur? Verkragtings, roof en diefstalle het die hoogte ingeskiet. In Duitsland word dogters aangeraai om nie kort rokkies te dra nie omdat dit kan aanleiding gee tot verkragting[2] terwyl wapenverkope vir selfverdediging in Swede drasties toegeneem het[3]. Die gevolg van hierdie Samaritaanse barmhartigheid is oral dieselfde: totale chaos! Die besluit van verskeie Europese lande, naamlik om nou hul grense te sluit en hierdie massas weg te wys word natuurlik luidkeels deur hierdie Samaritane veroordeel, dít ten spyte daarvan dat hulle die verval van hul eie lande voor hul eie oë sien plaasvind. Noorweë gaan een stap verder as die sluit van grense, hulle bied asielsoekers betaling aan om Noorweë te verlaat! Dit kan nogal ‘n duur storie raak sou mens daarvan kennis neem dat die koste vir twee ouers, twee kinders en hul vliegtuigkaartjies tot £ 6200 (R 143 186.22), kan beloop[4].

Pastoor Charles Lawson van die VSA het nogal ‘n punt beet wanneer hy sê dat die ateïs vinnig is om die barmhartige Samaritaan-gelykenis en die draai van die ander wang aan die Christen voor te hou ten einde sy sin te kry alhoewel hy (die ateïs), die res van die Bybel en sy boodskap totaal verwerp. Soos met alles in die lewe, moet hierdie gelykenis en predikasie in die regte konteks beskou word. Wat byvoorbeeld, sou die uitslag van 16 Desember 1838 gewees het indien die Voortekkers die geveg barmhartig en wangdraaiend binnegegaan het? Mag ek u die antwoord gee?. . . die uitwissing van ‘n volk, όns volk! In die vorige paragraaf is dit aan u uitgewys dat verskeie Europese lande maatreëls begin instel ten einde hulself (en dus hul volk) te verdedig teen die vreemdelinge; wekroepe van rassisme / xenofobia ten spyt. Die Amerikaanse Presidentskandidaat, Donald Trump, kan u eerstehands inlig rondom hierdie wekroepe as gevolg van sy siening betreffende moslems[5]. Of mense dit nou wil hoor of nie, verdediging van jouself en jou eie is ‘n natuurlike reaksie. Is dit derhalwe verkeerd van skrywer om ‘n groter band met die Nederlander, Fransman en Duitser wie daar vêr in Europa woon te hê as met die stamme van Afrika met wie hy ‘n land deel? Anders gestel, is dit verkeerd van die Afrika-stamme om ‘n groter liefde vir mekaar as vir die Boer te hê? Die antwoord op beide hierdie vrae is ‘n besliste “nee” want dit is ‘n natuurlike reaksie.

So drie weke gelede het ons gesin die laerskool se prysuitdeling bygewoon. Weerskante van die verhoog was twee groot skerms waarop die program, foto’s en uiteindelik die volkslied vertoon is. Dit op sigself is natuurlik niks vreemds nie. Wat egter wel insiggewend was, was dat die ouers, wie oorwegend blank was, slegs Die Stem in Afrikaans gesing het terwyl die ander twee strofes, wat in groot swart letters op die borde verskyn het, eenvoudig geïgnoreer is. Kan daar iets in hierdie optrede gelees word? Skrywer is oortuig daarvan dat die omhelsing van die oue (eie), en die wegstoot van die nuwe (vreemde) ‘n tipe van verset verteenwoordig, maar laat dit aan die leser oor om vir hom- / haarself te besluit.

Skrywer sal sekerlik nooit die optrede van sy drie-jarige seun vergeet toe beide van hulle vir die eerste keer na die “De La Rey” video op die rekenaar sit en kyk het nie. Die seun se oë was vasgenael aan die skerm en wou hy dit oor en oor sien alhoewel hy oor geen kennis van die Anglo-Boere Oorlog beskik het nie. Die seun het nooit voorheen sό reageer op enige ander video nie en daarom was sy optrede hierdie keer opvallend anders! Dit is dáár waar die skrywer besef het dat dit die bloed in jou are is wat jou liefde (jou barmhartigheid) bepaal, dit word oorgedra van die een geslag tot die volgende geslag en kan daarom nooit verlore gaan solank daardie volk bestaan nie; politiese korrektheid, hedendaagse beskouinge en wetgewing ten spyt. Dr. Malan het genoem dat ‘n volk ‘n siel moet hê en daarom sy blanke ras moet bewaar - vir die hedendaagse integrasie-voorstander voorwaar haatlike, onvergeeflike woorde. Met Lev 17:11 in gedagte, wat soos volg lees, maak sy stelling egter totale sin : Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

More is dit 16 Desember 2015. Vir die wêreld-Samaritaan, versoeningsdag, ‘n dag tussen hom en vreemde volke, deur ‘n skuldlas gevestig gedurende ‘n tyd van groot ontrouheid. Dit wat hier gevier word, kom neer op “Ignoreer GOD! Glo in ander volke! Haat jouself!

More is dit 16 Desember 2015. Vir die barmhartige Samaritaan, Geloftedag, ‘n dag tussen hom, sy mede-volksgenote en God, deur‘n eed bevestig gedurende ‘n tyd van groot benoudheid. Dit kom neer op “Glo in GOD! Glo in jou volk! Glo in jouself!”

Alhoewel nie almal van ons die fees saam met mede-volksgenote kan bywoon nie, kan elkeen van ons tydens ons stiltetyd ons voor God verootmoedig en sodoende ons gelofte aan Hom gestand doen.

Soos begin is, so word afgesluit omdat daar geen beter manier is waarop dit gestel kan word nie:

Dr. D.F. Malan : Ek het geen ander boodskap vir die Afrikanervolk nie as dié van Bloedrivier self :

Glo in GOD! Glo in jou volk! Glo in jouself!”

Of die liefde vir die eie, eerder as vir die ander, wel op een of ander -isme of -fobie neerkom is vir skrywer werklik irrelevant. Wat wel relevant is, is dat skrywer kan identifiseer met ‘n medevolksgenoot en daarom kan weet dat die onbesmette Voortrekkerbloed van 77 jaar gelede nog steeds hier aan die suidpunt van Afrika vloei. Op grond van die “Samaritaniese Barmhartigheid” soos deur sy God aan sy voorouers bewys op daardie dag in 1838, buig skrywer die knie voor hierdie Almagtige God ten einde SY NAAM te vereer en HOM te verkondig as die enigste GOD en dat daar naas HOM, geen ander is nie, soos beskryf in Jes 46:9:
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie.

Amen

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2384 gaste aanlyn