KULTUURDAGBOEK 22 JUNIE
Na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 het dit lank baie swak met die Transvaalse goudmynbedryf gegaan. Dit het verder beteken dat die Rand nie so vinnig gegroei en verengels het as wat Milner en sy Britse trawante gehoop het nie. Gevolglik is besluit om goedkoop Chinese mynarbeid in te voer ten einde die tekort aan ongeskoolde arbeiders uit te wis.
Alles is blissnel en stil-stil gereël. Op 22 Junie 1904 het die eerste Chinese aangekom. In Julie het hulle begin werk.
Binne die eerste jaar was hier sommer gou eers 34 000, spoedig 54 000 en uiteindelik 62 000 Chinese aan die Rand saamgetrek. Dit het 'n ernstige probleem op talle terreine geskep. Die Afrikaner het hom verder bedreig gevoel. Volke-onrus het toegeneem.
In April 1905 is Milner terug Engeland toe. Die Afrikaanse politieke partye het hulle beslag gekry, en een van die eerste suksesse wat behaal is, was die besluit om die Chinese sak en pak terug te stuur.
Eers is alle verdere invoer beperk. Swart mynwerkers is maklik gewerf – iets wat Milner beweer het nie moontlik was nie. Die Chinese is teen 1907 begin terugstuur, en in Maart 1910 was die laaste Chinese mynarbeider die land uit.
Die Afrikaners-regering van Transvaal het die land op daardie tydstip van 'n ontsaglike ramp gered.
Vandag is die Chinese in oorvloed terug in Suid-Afrika, weer eens deur ons volksvyande ingebring – die ramp is onafwendbaar maar die swart krisis het ver bo die Chinese probleem uitgestyg.