Maggi Mackay skryf uit Australiƫ aan ons die volgende:
"Ek wonder of julle dalk kan help. Ek hoop om iets te kan uitvind oor ons familiestamlyn vanaf die Voortrekker Gerrit Maritz, tot by sy een nasaat, Johannes Marthinus Maritz, wat 'n grootoupa van my is: dit is my pa, Philip Maritz wat in Smithfield woon, se oupa. Johannes Marthinus Maritz, wie gebore is in 1875, is tydens die Tweede Vryheidsoorlog as gevangene na Ceylon gestuur. Hy is oorlede in 1907, en is later begrawe langs sy dogter Phillipa op die plaas Driehoek, in die Vrystaat.
"Ek sal dit hoog opprys stel indien daar enige iemand is wat inligting hieroor kan verskaf.
By voorbaat dankie
Maggi Mackay."
Indien daar van ons lesers is wat oor enige inligting in hierdie verband beskik kan hulle dit gerus stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.