PASOP WAT ONS VERKONDIG

Jeanette Koekemoer

KIES U BRONNE VERSIGTIG

Die internet is 'n kragtige instrument in mense se hande en ons het hier 'n groot verantwoordelikheid in die aanwending daarvan. Inligting vlieg soos weerlig heen en weer en baie daarvan strek ons tot voordeel maar nie alles is tot ons heil en leringe nie. So het ek weer pas die volgende wyd-gestuurde e-pos ontvang:

"Geagte Leser,

Hiermee word u in kennis gestel oor die komende gebeure van 11/11/2011, waarop daar ‘n globale krisis sal plaasvind, geskep deur die mens. Berei uself geestelik en finansieël voor vir die ineenstorting wat daarop sal volg. Lees asseblief 1 Thes 5v3,  Eseg 3v18-19 en Jes 50v5-10.

Stuur asseblief hierdie aan u geliefdes.

Groete."

Suid-Afrika:
Ons gaan volgens die tekens van die tyd defnitief ‘n baie ingrypende tydperk in Suid-Afrika tegemoet met swart militante optrede teen die blanke - daar is ook rede om te glo dat die kommunistiese ANC Malema mildelik vergoed om die finale fase van rewolusie tot op ‘n hoogtepunt te dryf. Militêre opleiding het die hele Juliemaand internasionaal plaasgevind, en plaaslik word  reeds vanaf 1 Augustus in Saldanhabaai en Bloemfontein aan 1 000 van die 8 000 rekrute wat gewerf is, gegee R1 320 per maand salaris, gratis uniforms, verblyf en etes, uit die belastingbetaler se sak. Die res van Suid-Afrika se jong militante swartes sal sporadies hierby aanmeld en ook die groeiende miljoene van ander Afrika-state wat reeds op misdaad in Suid-Afrika floreer, gaan gewerf word om in hierdie basisse voor te berei vir hulle “groot dag” teen die blanke waarna hulle ontplooi sal word om ons finaal uit Suid-Afrika te probeer verdryf ter bereiking van die Kommuniste se eeu-oue Swart Republiek-ideaal. Hierdie is alles boekgestaafde feite deur die Kommuniste self, en nie veronderstellings nie.

Die militêre aanslag op die blanke sal vanselfsprekend ‘n ekonomiese ineenstorting teweegbring en net ‘n wonderwerk deur ons Drie-enige God in die hemel sal die blanke in hierdie land weer kan herstel en ons land genees – wat ek vas glo sal gebeur omdat Hy sy heilige Naam weer in ere wil herstel, maar dit sal met meer bloed as wat daar water in hierdie land is, gepaard gaan: ‘n geweldige reinigingsproses wat noodsaaklik is om weer die skape van die bokke in ons volk te skei.

Sola Scriptura:
In Mt 10 leer ons Vader ons onder andere om sy Voorbeeld te volg – Hy swyg oor verborgenhede wat Hy nie aan ons wil openbaar nie, en ja, dit wat Hy wel aan ons openbaar moet ons met deeglike kennis van sy Woord “van die dakke af verkondig” en nie daaroor swyg nie.

God het die spesifieke verborgenhede wat Hy aan ons bekend wou maak, in sy Woord geopenbaar. Hý het besluit wat belangrik is en wat tot ons heil sal strek, en net dít aan ons bekend gemaak. Om te weet wat Hy aan ons openbaar moet ons terugkeer na die Woord van die Here en slegs die Woord daarvoor gebruik. Duidelik uit die Woord leer Hy ons ook om na die tekens van die tye op te let, dit is ons Christelike verantwoordelikheid, maar dit is onverantwoordelik om ons eie datums aan toekomstige gebeure te koppel asof ons God se verborgenhede ken.

As ons bly en dankbaar voel oor ons hemelse Vader ons so liefhet dat Hy tot die getal hare op ons koppe ken, sál ons lus voel om dit van die 'dakke af te verkondig'. Ook as ons bekommerd voel en ander teen gevare wil waarsku moet ons dit doen maar daar is sekere voorwaardes wat Hy stel. Die Here sê in sy Woord dat ons niks méér mag verkondig as wat Hy aan ons geopenbaar het nie en dat ons sy Voorbeeld moet volg om te swyg oor verborgenhede waarvan ons niks weet nie. Ons het ‘n groot verantwoordelikheid om die Woord deeglik te bestudeer sodat ons weet waarvan ons praat om só nie ander te mislei en nie te sondig deur dinge waarvan ons nie kennis dra nie, aan God se handeling toe te dig.

Nie in een van die drie Skrifgedeeltes in bogenoemde briefie is daar regverdiging vir die datum in die waarskuwing nie. Dit is begryplik dat mense bekommerd is oor ons land en ook oor die hele wêreld wat, volgens die tekens wat die Skrif aan ons gegee, seker nie meer ver van ‘n volgende wêreldoorlog kan wees nie, maar ons mag nooit van die Skrif afwyk in ons pogings om as verantwoordelike Christene ander te waarsku nie.

Laat ons as kinders van God dan ons tyd só gebruik dat dit tot eer van sy heilige Naam strek – net dalk, word ons met minder ellende toegedek en kom Hy gouer tot ons redding in hierdie land.