SANNIESHOF CVO IN GROOT NOOD!

Ons het 'n skrywe ontvang namens die ouers van die CVO-skool in Sannieshof en het hulle toestemming verkry om hierdie briefie te plaas in die geloofsvertroue dat die HERE in mense in wie se vermoë dit is om 'n bydrae te gee, se harte sal werk sodat ons ons blanke kinders wat reeds die waagmoed aan die dag gelê het om die staatsskole vaarwel toe te roep, kan help om hulle skoolopleiding te voltooi. Daar is reeds twee geslagte verlore nadat die kommunistiese ANC beheer geneem het en dit is van groot belang dat ons, ons CVO-skole aan die gang moet hou sodat ons kinders suiwer Christelike Volksonderwys gebied kan word.

Lees asb hierdie oproep tot hulp en oorlewing van ons nageslag:

Ek is 'n ouer van vier skoolgaande kinders waarvan twee tans in die CVO Skool (Laerskool) in Sannieshof is. As gevolg van finansiële druk krimp ons leerlinggetalle en wil die Opvoedingsraad die skool aan die einde van die jaar sluit.

Die skool is gestig in 1997 en vier hierdie jaar sy 15de bestaansjaar. Dit is 'n geweldige hartseersaak om alles net verlore te laat gaan. Ons as ouers wil groot asseblief vra of u dit dalk sal oorweeg om die skool met 'n R100 aftrekorder per maand kan help sodat ons die druk op die ouers wat al die salarisse van die onderwysers ook betaal kan verlig. Ons is werklik desperaat om die skool te red. Ons vertrou dat u die versoek gunstig sal oorweeg.

Die skool se besonderhede is:

CVO Skool Sannieshof
Bovenstraat 1
Posbus 589
Sannieshof

2760 Tel/Faks 0186830190 Epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bankbesonderhede
ABSA 2190144944
Tak 334339

Baie dankie,

Marina Otto