SEGREGASIE, ENIGSTE KANS TOT VOORTBESTAAN
Waarskynlik die belangrikste kenmerk van ons samelewing vandag, veral onder die Afrikaners, is in die eerste plek die verslaentheid, en in die tweede plek die verwardheid.By al die dinge wat gebeur het en wat mense nog nie verwerk net nie, word ons oorspoel met krete van vrede en versoening en 'n oproep om verdraagsaamheid terwyl ons verniel, verdruk en vermoor word. Ons moet maar glo net verduur en hoop dat dinge sal verbeter, terwyl die werklikheid waarmee ons te doen het, is dat ons ons in 'n voortgesette oorlog teen die Afrikaners bevind. Die gewapende oorlog van die terroriste is nou binnelands, en dit is nou ook binne die Afrikanerdom wat die oorlog voortgesit word. Die Afrikanerdom het sy politieke mag verloor en hy het sy hele sosiale status verloor in Suid-Afrika, maar sy gees is nog nie gebreek nie, en dit is waarom die oorlog nog gaan. Die hele stryd van die Afrikaner se politieke leiers in die verlede was om ons te bewaar van oorheersing deur 'n buitelandse mag; om ons te bewaar van oorheersing deur Swart getalle en om ons te bewaar van oorheersing deur finansiële imperialiste. Al drie daardie dinge het nou ln werklikheid geword in Suid-Afrika. Dit is waaraan ons nou onderwerp is. Waarmee ons nou te doen het, is dat die wil tot voortbestaan van ons volk en die sin vir ons nasionale bestemming, vir ons nasionale geroepenheid, dié moet nog ondermyn en vernietig word. En in die proses is waarskynlik die natuurlike ding vanuit dié oogpunt van ons vyande, dat ons in ons 'n gevoel van isolasie, van vereensaming en van skuld moet omdra. Dit is die effektiefste manier om 'n volk te ontwapen teen sy vyande.
Daar het ons veral te doen met die ideologie van menseregte; en 'n omvattende geloof dat die demokrasie nou die een heilsleer is — die demokrasie wat alle grense tussen rasse en volke en kulture moet platstoot om die "nuwe nasie" in Suid-Afrika tot stand te bring. En die eerste besluit wat ons moes neem was: aanvaar ons die wanbeeld wat daar van ons volk geskep is? En daarnaas, aanvaar ons die nuwe bestel met saamwerk en opgaan daarin? Dit is die twee keuses wat ons moet maak. As ons besluit het om nie daarin op te gaan nie, dan was die keuse: ons weier om ons toekoms te soek in hierdie nuwe bestel. Ons bly buite en ons bied weerstand teen die aanslae op ons waardes, op ons beginsels, op ons instellings. In 2012 kan ons steeds teen hierdie dinge weerstand bied want ons wil om voort te bestaan is nog daar, al is baie van ons eie op die oog af vernietig. Daar was nie en sal nooit 'n middeweg wees nie: ons aanvaar die bestel heelhartig en ons gaan daarin op, of ons bly buite en ons veg daarteen, elkeen afsonderlik as dit nodig is.
Die belangrike ding is, as jy ingaan, dan geleidelik, net soos by Kodesa, word die weerstand afgebreek, en stap vir stap word jy betrek tot 'n toestand waar dit eintlik onverskillig is of jy nou nog verder weerstand bied. Sodra jy ingaan in die bestel, is die natuurlike neiging dat jy nie meer dink aan alternatiewe nie, want jy is verstrik in daardie bestel en jy moet jou beweging daarbinne soek. En as ons besluit ons is nié daar in nie, dan moet ons besluit: wat wil ons wees? Wil ons "Nuwe Suid-Afrikaners" wees wat wil opgaan in 'n Swart samelewing en gaandeweg deur biologiese vermenging as 'n volk verdwyn; of, in die tweede plek, wil ons as 'n Blanke minderheid teen 'n Swart meerderheid in die bestel ingaan en daar beding om weer daaruit te kom? Of wil ons in die derde plek 'n volk wees wat weier om te berus in die bestel wat deur bedrog en verraad aan ons opgedwing is?
Die Afrikaners is 'n mag in Suid-Afrika, dit weet ons vyande, en ons is alleen 'n mag solank nasionalisme sterk en lewend gehou word – dit kan ons vyande nooit vernietig teen ons wil nie. Die vyande weet dit, en daarom wil hulle Afrikanernasionalisme probeer uitskakel. Ons het daarom met 'n omvattende aanslag te doen: polities, kultureel, die sogenaamde demokrasie wat aan ons opgelê is, wat jou verhoed om as ln kultuurgroep, as 'n volk, van buite die demokrasie jou reg te handhaaf; die Menseregte-akte wat as 'n soort godsdiens aan ons opgedring word waarteen jy tog moreel geen beswaar mag hê nie; die multikultuur wat ons moet handhaaf, dat jy tog nie jou kultuur alleen moet kan handhaaf nie, jy is deel van 'n multikultuur wat glo net soveel waarde vir jou moet hê as jou eie; die geskiedenis wat herskryf is dat dit tog nie aanstoot gee aan ander in die land nie; die taal wat die "taal van die onderdrukker" is, en waarvoor jy moet skaam wees; ons onderwysinstellings wat van ons vervreem is, sodat die Afrikanerkind in 'n geïnhibeerde toestand tussen Swartes moet wees, aan wie jy tog ook nie mag aanstoot gee nie, en veral dan om ons jeug te vervreem, sodat die volk nie meer 'n voortsetting kan hêdeur sy kinders nie.
Die primêre besluit is: oorlewing van die Afrikanervolk kan alleen wees in afsondering, buite hierdie bestel. Daar is geen alternatief nie. As u kyk na ons geskiedenis, vanaf selfs Jan van Riebeeck, toe hy die Wilde-amandellaning geplant het, het hy die Nedersetting afgesonder. Daarna die Groot Trek waar Opperman in Joernaal van Jorik skryf: "U het ons van verdrukking afgesonder...": die politieke afsondering van die Boererepublieke— afgesonder van die Britse heerskappy. Na 1902 die weiering om op te gaan in die "nuwe nasie" wat Botha en Smuts vir ons voorgehou het; en veral die begrensing, die afsondering binne die Afrikaanse taal. En dan, net so belangrik, en miskien beiangriker, genl Hertzog wat van buite die ou Suid-Afrikaanse Party die Nasionafe Party gestig het en daardeur die nuwe visioene en horisonne geskep het vir die Afrikanervolk, van buite die bestel. Dr Malan in 1934, wat nie in die samesmelting ingegaan het nie, maar van buite daardie knel die stryd voortgesit het wat in 1948 op die oorwinning uitgeloop het; en Strijdom en Verwoerd wat die Republiek buite die Britse politieke tnvloed wou he; en dr Verwoerd wat uiteindelik Suid-Afrika buite die Statebond geneem het om van daar ons heil te soek. Daar is geen twyfel nie, die ontwikkelingslyn van die Afrikanervolk loop telkens buite die bestel. Daardeur het hy sy lewe behou.
En in hierdie nuwe situasie het jy met 'n wetmatigheid te doen; dis die reg op selfafskeiding, selfsegregasie, wat die onmisbare grondslag van kultuur is. As jy daardie reg 'n volk ontneem, dan vernietig jy die grondslag van sy aanspraak op kulturele selfstandigheid.
Die kultuur is eksklusief. Daar is nie 'n manier om kultuur te handhaaf as sy begrensing nie skerp en duidelik is nie. Die predikate van kultuur is uitsluiting, diskriminasie, vooroordeel. Daarmee beskerm hy homself. Hy skei sy lede af van die wat nie aan daardie kultuur behoort nie. Die Amerikaanse skrywer, Richard Weaver, sê: "It is only those who are capable of discrimination and feeling against things, who can be custodians of culture". Net dié wat kan diskrimineer en 'n gevoel teen dinge het, is in staat om kultuur te beskerm.