"Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat... In plaas van te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid."
Die grootste perversie van ons tyd is die wanopvatting oor die rol van demokrasie: dat demokrasie mense kan verenig as blote telbare eenhede. Die demokrasie het te maak met burgerskap, en burgerskap is die mees geesteslose hoedanigheid van 'n mens se bestaan. Dit raak net die dinge wat gedoen moet word, sodat jy in staat is om ander, hoër dinge te doen. Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat, nie net van alle onderskeid nie, maar later van alle verskil. In plaas van te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid. Dis dwarsdeur die wêreld so. Demokrasie is verhef tot 'n soort alternatiewe geloof in Suid-Afrika waaraan alle godsdienste kan glo, tot 'n godsdiens of 'n filosofie.
Teenoor die demokratiese voorskrifte wat hulle op ons wil afdwing, is daar ons reg op voorkeur vir ons eie wat dieper en groter waarde het as enige politieke gelykheid: die reg op voorkeur vir jou eie. As daar 'n mensereg is wat onvervreembaar is, dan is dit 'n gemeenskap en 'n mens se reg op voorkeur vir sy eie. Hy het geen verduideliking daarvoor nodig nie, geen verskoning nie, hy gee voorkeur daaraan net om een rede: dit is sy eie. En dit bots met die demokrasie, dit bots met die Menseregte-akte, daarom wil hulle dit uit die pad uit hê en mag jy in die Menseregte-akte jou nie beroep op die reg op jou voorkeur vir jou eie nie. Die reg op onderskeiding moet staan teen die aandrang van gelykheid.
Een van die grootste illusies wat daar in die wêreld bestaan, is dat gelykheid gelyk is aan geregtigheid. Gelykheid, gelykmaking is juis die grootste onreg teenoor die wat hoër is, wat afgedruk word om hulle gelyk te maak met die ander. In die "Nuwe Suid-Afrika" moet ons besef dat die multikultureie samelewing net 'n versuikering is wat aan ons voorgehou word. Dis dan nou so 'n ryk samelewing, die multikultureie. Hulle het dit nou begin toepas in Suid-Afrika, en in plaas van 'n multikultureie samelewing, het ons 'n multikriminele samelewing!
Dit is wat tot dusver ons volk se ondergang was nadat die ANC in 1994 oorgeneem het. As ons voortgaan op hierdie pad van multikultuur, sogenaamde demokrasie en gelykheid met hulle, sal die Swart volke nie eers nodig hê om ons almal uit te moor nie want ons sal sommer self so in die massa verdwyn.