APMTELIKE STATISTIEK
Moet nie weer glo dat die arme swartetjies die agtergeblewenes is nie –dit is nou die blankes wat in plakkerskampe en op straathoeke in die koue winter krepeer. Dit is tyd om op te hou om met simpatie te verwys na die swartes se sogenaamde verarmde toestand; en dit is tyd dat blankes besef hulle sal self moet opstaan uit hulle huidige verarmde staat waarin die kommunistiese swart regime hulle gedompel het.
Swart sogenaamde regstellende aksie het nie net die blanke man uit die arbeidsmark gehaal nie maar is vinnig besig om ook die blanke vrou heeltemal uit te skakel. Volgens die jongste syfers wat deur Adcorp bekend gestel is, ontvang swart vrouens salarisse wat 36,4% hoër as dié van blankes is. Asiatiese en swart vrouens ontvang 3,1% en 15,5% meer as hul manlike eweknieë.
Kleurling en blanke vroue ontvang 25,2% en 20,6% minder as hulle manlike eweknieë.Die inligting is gebaseer op sowat 1 600 permanente poste wat oor ‘n tydperk van 12 maande vanaf Junie 2011 tot Mei vanjaar ingesamel is.Volgens Adcorp is die belangrikste aanduiders in Suid-Afrika se arbeidsmark die “regstellende aksie premie” – die loonpremie van regstellende aksie kandidate teenoor hul nie-regstellende aksie teenhangers. Die vaardigheidsvlak, kwalifikasies, ervaring, en hoe daar in die werk gevaar word en ander inligting is glo telkens konstant gehou in die ondersoek.
Adcorp het ook bekend gemaak dat die verlies aan poste verlede maand sowat 31 781 was. Die werksverliese vir die afgelope twee maande (Mei en Junie) was meer as 85 000.
‘n Arbeidsanalis by Adcorp, Loane Sharp, het vroeër vanjaar bekend gemaak dat die gemiddelde blanke se inkomste jaarliks met 5,3% versus 14,9% vir swartes styg. In dié verslag is gemeld dat indiensneming deur die regering die afgelope dekade van 1 miljoen na 1,24 miljoen uitgebrei het. In die tydperk het die hoeveelheid swartes in die staatsdiens van 42% na 74% gestyg. Nagenoeg 40% van Suid-Afrika se hoogste betaalde swartes is in die staatsdiens, waar hulle tot soveel as 32% meer as in privaatsektor ontvang, is in die verslag aangetoon.