MEDE-AFRIKANER, KOM TOT BESINNING

Dr JP Botha

Dis met jammerte in my hart dat ek hier beweer dat ons Afrikanervolk bekend staan as die grootste klomp dwarstrekkers onder al die nasies.  Ek het eenmaal met ‘n ou Duitse vriend daaroor gesit en praat.  Toe beweer hy dat dit ‘n trek of eienskap by die Germaanse volke is en noem enkele gevalle op waar die Duitsers net so dwarsgetrek het.  Maar wat dan van die Engelse?  Hulle is tog ook Germane, maar volg slaafs na alles wat hulle poppe-koningin vir hulle deur hul parlement voorskryf.

Maar ons ou Afrikanervolkie het vanaf sy ontstaan dwarsgetrek.  Daar is soveel gevalle in die geskiedenis van die Voortrekkers en in dié van die  twee Boere-republieke.  Na die Tweede Vryheidsoorlog was dit die vernaamste faktor wat ons lewe versuur het en die politieke invloed van die Afrikaner kragteloos gelaat het.

Die vyand van die Afrikanervolk het hierdie eienskap van ons nasie jarelank tot eie voordeel uitgebuit, met subtiele pogings om ons verder onder mekaar te verdeel en dan oor ons te heers.  Met verdeel en heers het die Empire groot sukses in Suid-Afrika behaal en die dwarsgetrekte Afrikanervolk sonder moeite regeer.

Maar die verskriklikste van alles is dat die internasionale vyand van die Afrikanernasie in 1994 daarin geslaag het om deur geduldige, subtiele en nougesette breinspoeling ons nasie te onderwerp aan die regering van ‘n demoniese, terroristiese bende, toe ons verdeel was tussen JA en Nee en Ja het gewen.

Die vyand van die Afrikanerdom beoefen nog steeds sy verdeel en heers-strategie en moedig Afrikaners aan om oor beuselagtighede soos “Boere-Afrikaner” te stry, in plaas van om mekaar op nasionale vlak te soek en te vind en elkeen sy deeltjie by te dra om almal wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort,  weer in ‘n hegte band bymekaar te bring.

Daardie hegte band kan alleen weer bewerkstellig word as elke Afrikaner  -  ook dié in die buiteland saam met ons  -   in berou oor ons sondes na die Here vir Wie ons verlaat het, terugkeer en eendragtig bid dat Hy ons volk weer sal verlos uit die mag van die duiwelse vyand wat ons oorheers en ons Godgegewe vaderland weer aan ons sal gee.  Kom ons hou aan bid dat dit gebeur!