ONDERMYNING, VERRAAD, VAG

Die gevaar in ons midde is dat die Afrikaner weer te doen het met die moedswillige onderbeklemtoning van die ondergrawende Afrikaner-bedrywighede van die voormalige Oosbloklande en hul inligtingsdienste.  Die ondergrawing deur die Anglo-Amerikaanse magswêreld was egter 'n bekende feit by Afrikaners in die ou Suid-Afrikaanse inligtingsdienste.  Die bewys daarvan is byvoorbeeld in die boeke van adv. Piet Pretorius wat Gelofteland die afgelope tyd besig is om te plaas, Volksverraad, (Volksverraad... Waarom?) en Volkshoop, waarin hy die Central Intelligence Agency (CIA) beskuldig vir meeste van die dinge. Die toename in moorde op Afrikaners en ander Blankes sedert die Mangaung-konferensie in Desember verlede jaar waar die ANC-leier Jacob Zuma soos dikwels opruiende uitsprake geuiter het en ook in 'n opvolgende uitspraak  in Durban, raak nou meer as kommerwekkend.

Feit is egter dat Zuma en ander ANC-leiers se uitsprake, wat klaarblyklik deel is van die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), nie in afsondering beskou kan word nie. Die NDR het 'n onmiskenbare plaaslike én internasionale eienskap, vir ons hier plaaslik onder andere van belang die ANC se versnelde grondgrypprogram (die “beskerming” van grondwet-1996 en al) en Zuma se laai van die regbank met ANC-kaders (weer eens, met die “beskerming” van 1996 se konstitusionele wonderwerk en al).

In ontledings die afgelope paar weke het die Afrikanervolksparty se webblad aandag gegee aan hierdie standpunte, en ook dié van ene Gunther Schickelgruber (Dokument X), na aanleiding van bewerings van kapt. Deon Loots in 'n beëdigde verklaring ter sake in die Boeremagverhoor. In daardie beëdigde verklaring is na 'n binnekring in die Broederbond bekend as die Verligte Aksiegroep, VAG, verwys. Volgens Pretorius is/was die VAG eintlik maar net die CIA se verlengstuk in ons land in die onderwerping van die Afrikaner aan 'n ANC-regime.

Dit is egter ook van belang dat daar van ander operateurs uit die voormalieg SA inligtingsdienste se standpunte kennis geneem word. So byvoorbeeld het Allan D. Elsdon in 'n boek (die Afrikaanse titel, Die lang generaal), verwys na die bedenklike sleutelrol wat genl. Langhendrik van der Berg in ons land se sabotasie-, sluipmoord- en ondergrawingsgeskiedenis gespeel het. Daardie boek en dit wat daarin aangevoer word het nog gans te min aandag in die oorweging van die Afrikaner se haglike toestand nou in die land geniet.

HET HEYNS KERNBOMME HELP VERKWANSEL?

Om maar aan een saak vermeld in Elsdon se boek aandag te gee...

In die boek word geïmpliseer dat dit Van der Berg was wat agter die sluipmoord op die NG teoloog Johan Heyns gesit het omdat Heyns, wat 'n ingeligte/betrokkene in die land se kernbom-program was, verraad sou gepleeg het.

Dis nodig om hier af te wyk van die rede vir hierdie skrywe, die feit dat die Amerikaanse CIA steeds met sy hande op al die beheermeganismes van die voortgaande Suid-Afrikaanse rewolusie sit.

In ontledings die afgelope weke op hierdie webwerf oor die VAG is gelet op die gesmous en buit van die land se skatte, sy dit nou beleggings, diamante, harde kontant, wapens of strategiese minerale, toe die ou regime laat vat en die nuwe regime amptelik in 1994 die leisels geneem het. 'n Moontlike afleiding daaruit is dat dit behoorlik 'n toestand van gryp en hardloop was.

Heyns is op Guy Fawkes-dag (5 November) 1994 (die jaar van oorgawe) met 'n 303-geweer in sy huis in Pretoria in 'n sluipmoord doodgeskiet. Ook in daardie jaar het die Jood Harry Schwartz (toe ANC-ambassadeur) met groot plegtigheid 'n ooreenkoms oor Suid-Afrika se kernwapens in Amerika onderteken. Die geskiedenis van ons land se kernwapenprogram kan nie gevolg word sonder om van die Jode en Israel se betrokkenheid daarby kennis te neem nie.

En ook nie gevolg word sonder om van Pik Botha kennis te neem nie, Botha wat nog tot in 2007 deur die ANC by onderhandelinge oor die kernprogram betrek is.

Maar net soos daar nie van ons land se atoombom-geskiedenis kennis geneem kan word sonder om kennis tee neem van Botha en Joodse betrokkenheid nie, so kan daar nie kennis geneem word van die gesmous met Suid-Afrikaanse wapens aan Afrika se diktators nie sonder dat daar van Botha en die Jode se betrokkenheid kennis geneem word nie.

En dalk 'n laaste oorweging oor Elsdon se boek...

Dis deur Anne-marie Mischke, 'n joernalsite wat FW de Klerk se broer Willem ('n koerantredakteur) soos 'n skaduwee van koerantredaksie na die volgende koerantredaksie gevolg het, in Afrikaans vertaal. FW de Klerk self is uiteraard nie sommer 'n hierjy as die aankoop van wapens oorweeg word nie. Hy weet ten minste van swak Spaanse en goeie Duitse staal.

Sou FW de Klerk vir Mischke 'n wenk laat deurglip het dit sal 'n goeie ding wees om Elsdon se boek by die “regte lesers” te kry deur dit in Afrikaans te vertaal? Deur hierdie vraag te stel wil daar allermins te kenne gegee word dit kan deel wees van 'n koudlei-operasie in 'n kernwapengesmous.

Lees meer hieroor soos geskryf deur Koos Bester by http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=5436%3Akernbomme-wapentuig-goud-en-diamante-en-n-onwettige-grondwet-waarom-swyg-die-media&catid=160%3Aartikels&Itemid=284&lang=af