PERSPEKTIEF OP DR VERWOERD: 50 JAAR

 Die H.F. Verwoerd Navorsingstrust reël op Dinsdag 6 September ‘n seminaar in die SAOU-ouditorium in Garsfontein in Pretoria waar sprekers verskeie aspekte van Dr Verwoerd se lewe gaan toelig. Dit sal duur van 12h30 – 17h00. Hieronder volg besonderhede van die program.

PROGRAMVERLOOP

  1. Die drie inleiers kry geleentheid om hul perspektief te deel, waarna die paneel ‘n oop gesprek voer. Die paneellede lewer kommentaar op die insette wat gemaak is. Dit word as ‘n rondetafel-gesprek hanteer – sonder insette vanuit die gehoor.
  2. Dit word opgevolg met ‘n oop gesprek waaraan die gehoor deelneem. Kommentaar word gelewer en/of vrae word aan enige van die sprekers of die paneellede gerig.

HULDIGING EN PERSPEKTIEFSTELLING:  DR H.F. VERWOERD – NA 50 JAAR

12h30 – 13h15      Middagete vir almal wat die konferensie bywoon

13h15 – 13h30      Verwelkoming – Voorsitter

13h30 – 15h00      Dr H.F. Verwoerd in Perspektief (Drie inleiers wat elk in 30 minute hul perspektief deel)

ü Prof Wilhelm Verwoerd (Stellenbosch)

ü Prof Pieter Duvenage (UOVS – Bloemfontein)

ü Prof Grietjie Verhoef (UJ)

15h00 – 15h15      Tee en verversings (bene rek)

15h15 – 16h00      Paneelbespreking met kommentaar op die insette wat gemaak is. (Dit word as ‘n oop gesprek tussen die paneellede hanteer)

ü Prof Danie Goosen (Gespreksleier)

ü Mnr Carel Boshoff IV

ü Mnr Flip Buys

ü Mnr Piet Muller

16h00 – 16h45      Oop gesprek en deelname met kommentaar op die insette en paneel

16h45                      Bedankings – Voorsitter

Vir meer besonderhede en besprekings skakel die voorsitter van die H.F. Verwoerd Navorsingstrust, mnr Hennie de Wet by 083 – 306 1830 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

VERWOERD GEDENKDINEE

‘n Formele dinee, ter herdenking aan Dr Verwoerd word DV op 6 September 2016 om 19h00 by die Diamantvallei Landgoed Oos van Pretoria gehou. Mnr Paul Kruger sal ‘n kort oorsig oor sy staatkundige beleid gee en mnr Hendrik Verwoerd sal staaltjies uit sy lewe met die gehoor deel. Dit sal aangevul word met klank- en beeldmateriaal uit sy lewe. Meer besonderhede kan verkry word van Chantal Kruger (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) 079 – 740 7214). Besprekings kan ook by haar gedoen word. Die koste beloop R180 per persoon.