KOMPAS VIR ONS TOEKOMS

Die geskiedenis is die kompas vir die toekoms

Ons is in 'n voortgaande rewolusie. Weens die bedrog en verraad van NP- en ander Afrikaanssprekende leiers is die Afrikanervolk vir die derde maal 'n verowerde volk.

Dit het op 'n manier gebeur wat van alle eer ontdoen is en in 'n hoë mate die volk se selfrespek en waardigheid geknou het. Daarnaas is Afrikaners polities erg verdeeld en gefrustreerd en verward.

Dié toestand verg nugtere poltieke leiding in die stryd:

• Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike manier waarop ons van ons vryheid beroof is nie;

• Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners saambind en aandryf tot stryd;

• Ons moet aan mekaar trou sweer dat ons, soos ons voorgeslagte, sal stry totdat ons ons vryheid herwin het.

Die geskiedenis is 'n volk se geheue. Dit stel hom in staat om te weet wie hy is en vanwaar hy kom. Die band met die verlede rem nie 'n volk nie. Dit verskaf begeestering, maar dit is ook 'n rigtinggewende mag.

Daarom moet skakeling met die verlede lewend gehou word.

Die band met die verlede stel 'n mens ook in staat om die toekoms beter te peil.

Die geskiedenis is die kompas vir die toekoms. Uit die geskiedenis leer ons dat nasionalisme 'n onstuitbare mag is. Daarom moet die Afrikanervolk dit vertroetel en versterk met die beroep op volkskap, vryheid, vaderland, heldedom.