VERRAAD, INEENSTORTING, GELOOF

 Die verraad van Afrikaners teenoor ons volk het deurentyd in ons volksverlede plaasgevind maar dat hier deesdae ‘n groot faksie “Afrikaanses” is wat by die terroriste probeer inkruip en tans lustig meehelp met die aftakeling van ons vaderland stem tot groot kommer.  As ‘n mens die groot getal Afrikaners wat reeds na die buiteland gevlug het in ag neem tesame met die duisende wat reeds vermoor is en ons tel by hulle dié wat so lustig besig is om saam met die vyand te werk, dan wonder mens of daar nog ‘n Gideonsbende oor is om op geleënertyd die vyand mee te kan beveg.

Hierdie spulletjie in wie se mag ons tans verkeer is baie vinnig besig om ons land geheel en al in die afgrond te stort, want kommunistiese strategie bestaan nie uit opbou en vooruitgang nie maar uit afbreek en vernietiging van wat ‘n ordelike gemeenskap opgebou het.

Die eerste deel van Jaap Marais se voorspelling is reeds besig om in vervulling te gaan:  As hier niks meer is om te vernietig en te steel nie, gaan hulle teen mekaar in opstand kom.  Die eerste tekens daarvan is reeds merkbaar. 

En dan gaan hulle met geweld teen ons Blankes draai.  Jaap Marais het ons gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref, paraat te wees en eendragtig teen die vyandelike oorname te beur, wat ons nie gedoen het nie.  Ons het selfs ewe gedwee ons vuurwapens vir hulle gegee, sodat die hordes ons nog makliker daarmee kan afmaai. Verder stoei ons met mekaar terwyl die vyand hom daarin verlustig want so hou hy ons weg van die ware oorlog teen ons.

Maar daar is ‘n onomstootlike groot waarheid in die hele aangeleentheid wat min van ons in aanmerking geneem het:  Die reste van hierdie geteisterde Afrikanervolk bly nog steeds te midde van al ons beproewings ‘n verbondsvolkie wat onder die sorg verkeer van die almagtige Verbondsgod, wat ons al baie kere van vernietiging en ondergang gered het.  Al word ons traag om ons geloftes aan Hom te betaal, bly Hy getrou en sal in die beproewing van die finale bedreiging en aanslag teen ons, ons weer van ‘n Gideonsbende van gelouterde en dapper Afrikaners voorsien, wat in sy krag die oorwinning oor ons demoniese vyand sal behaal.

Die lewe van enige volk wat in die verlede deur die wil van God in aansyn geroep is, duur nie net 300 of 400 jaar lank nie.  Die Afrikanervolk het sedert sy ontstaan nog skaars geleentheid gehad om die doel waarom God hom hier aan die suidpunt van Afrika geplant het, te verwesenlik.  Daarom glo ons vas en seker dat die Here vir hom na hierdie louteringsproses nog ‘n groot taak het om hier aan die suidpunt van Afrika as leier van die nasies te volbring.