"Op die graf van De Klerk moet 'n goeie vaderlander die volgende grafskrif aanbring: 'Hier lê De Klerk. Hy het regs gewys en links gedraai.' ... By die Afrikaner se grafskrif sal dan staan: 'Hier is die enigste volk ter wêreld wat so min van homself gedink het dat hy selfmoord gepleeg het!'."
Gelofteland begin nou met die opsienbarende werk, VOLKSVERRAAD, van oud-Nasionale Intelligensie-agent, Piet Pretorius. Geen enkele geskrif die afgelope jare het dieper wonde in behoudende Afrikaner-geledere geslaan as hierdie werk nie.
Dit het aanleiding gegee tot verskeie siviele gedinge: In een uitspraak ten gunste van die destydse KP-leier, dr Ferdi Hartzenberg, in 'n ander teen die HNP, en in nog 'n geding teen genl Tienie Groenewald en ten gunste van die HNP en mnr Jaap Marais. Genl Groenewald het aangevoer dat mnr Marais die eintlike outeur van die boek is en is daarmee verkeerd bewys.
Dit is geen verrassing dat genl Groenewald met soveel wrewel teen die HNP en mnr Marais losgetrek het nie. In VOLKSVERRAAD is aangevoer dat genl Groenewald in diens van die Amerikaanse CIA sou wees; daarin is uitgewei oor genl Groenewald se broer Jan, op sy dag hoofsekretaris van die AWB en op 'n kritieke tydstip wegbreker van die AWB, se beweerde betrokkenheid by die inligtingsdienste.
Die HNP het in sy lyfblad, Die Afrikaner, ook groot gewag gemaak van die bewering dat genl Groenewald die eintlike gees agter FW de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak is, waarin die kommuniste en die ANC ontperk is.
Van Pretorius se opsienbarende bewerings was dat die KP as teenvoeter vir die HNP in die veld gestoot is en dat ook die ontvangenis van die AWB alles behalwe onbevlek is en dat die beweging in een of ander kraamsaal van die land se intelligensiedienste die lig gesien het.
Lees self hoe advokaat Piet Pretorius bewys het hoe groot die verraad in ons volksgeledere is, en met soveel outoriteit dit onthul dat daar in geen van die hofsake teen hom geslaag is nie.
Die voorafgeskiedenis soos die geboorte van die Afrikanervolk en die hebsugtige oorheersing van die Britte oor ons in ons eie land soos deur Pretorius behandel, word nie hier ingesluit nie aangesien dit algemeen beskikbaar in die meeste van ons geskiedkundige werke is.
VOLKSVERRAAD (1)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Oorgawe aan Amerikaanse Veelrassige Oorheersing
Ná die moord op dr. Verwoerd op 6 Septemper 1966, het die Illuminati Afrikanernasionalisme gekaap en stelselmatig beheer oorgeneem, nie net oor die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika nie, maar ook oor die hele gebied van Suidelike Afrika met een doel voor oë, nl. om 'n nie-rassige ekonomiese super-regering in Suidelike Afrika te vestig.
John Vorster het ingevolge 'n blou-druk van die Rockefeller-CIA-konneksie bepaalde Veiligheidstrukture daargestel (die Buro vir Staatsveiligheid, die Staatsveilig-heidsraad en die Afrikaner Weerstandsbeweging, as regeringintervensie om die HNP se magsbasis verder te verdeel) en het die eerste tree gegee om Blank Suid-Afrika te vernietig.
In die Vorster-era grawe die Vrymesselary en die CIA hulle in in die Afrikaner Broederbond en neem dit stelselmatig oor. Pik Botha het, in samewerking met die agente van die Rockefeller Foundation, P.W. Botha gemanipuleer om Blanke Superioriteit te beeïndig. Die Rockefeller-CIA-konneksie het die Vrymesselary misbruik om sy invloed in die Afrikaner Broederbond te laat geld.Die Staatsveiligheidsraad het die land se magtigste masjien geword om politieke hervorming te bevorder en die Konserwatiewe Party was 'n verdere regeringsintervensie was om te voorkom dat die regse groep sterk genoeg word om politieke hervorming in die wiele te ry.
Brig. Tienie Groenewald van Kom. Ops. het nou saamgewerk met regeringsagente om die Konserwatiewe Party te stig. Geheime agendas het voortgespruit uit gesprekke met die Geldmag om die weg te baan vir 'n Swart meerderheidsregering, wat sou lei tot F.W. de Klerk se inhuldiging as Staatspresident. Hy was daarop uit om regse weerstand jeens sy beleid van totale oorgawe hok te slaan.
Die opkoms van die generaals is as 'n verdere regeringsintervensie misbruik om die Afrikaner-Broederbondgedagte van 'n volkstaat aan die regses, in samewerking met die KP, te bevorder. Uit hierdie staatsveiligheidsprojek het 'n veelheid van regeringsfrontorganisasies tot stand gekom, waarvan die Volkseenheidskomitee, die Afrikanervolksfront, die Vryheidsalliansie en die Vryheidsfront enkele voorbeelde is. Generaal Tienie Groenewald se Kom. Ops. was weereens die dryfkrag agter hierdie misleiding.
Ons sal vind dat die Illuminati homself ná April 1994 manifesteer in Pax Americana en dat hy reeds van die Mandela-regering verwag om in te val by sy planne van 'n ekonomiese superstreeksregering vir Suidelike Afrika.
Vervolg...