VOLKSVERRAAD (2)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE BEGIN VAN DIE EINDE VAN BLANKE HEERSKAPPY IN SUIDELIKE AFRIKA

Hierdie hoofstuk plaas die kollig op die Vorster-era wat van September 1966 tot Augustus 1978 gestrek het. Toe B.J. Vorster op 13 September 1966 ingehuldig is as Eerste Minister van die Republiek, het hy belowe dat hy in die voetspore van dr. Verwoerd sou volg. Tyd sou ons leer dat daardie belofte geen krag sou dra nie, want Vorster was vanweë sy obskure verlede reeds ingebind by kragte wat die Afrikaner nie goedgesind was nie. Ons sal vind dat Vorster tot hy sy bedanking as premier op 28 Oktober 1978 gehou het by die riglyne van die bloudruk wat in 1964 deur die Council on Foreign Affairs aan horn gegee is.

Die Illuminati het met hulle beplanning gesorg dat Vorster se bewindsjare sou saamsmelt met Richard Nixon se bewindsjare toe hy president van die Verenigde State van Amerika sou word. Omrede Nixon hom deur die Council on Foreign Relations laat inbind het, het hy sy buitelandse administrasie met die struktuur van die Council on Foreign Relations laat verstrengel raak. Dit het ook meegebring dat Kissinger 'n dryfkrag sou word wat die Blanke heerskappy in Suid-Afrika en Suidelike Afrika wesenlik sou beïnvloed.

Dit is ook so dat 1972 'n waterskeidingjaar vir Suid-Afrika sou wees. Dit was die jaar waarin Vorster se 'liberale staatsgreep' in  die Broederbond voltooi is. Sedert 1973 sou die CIA met sy frontorganisasie, Verligte Aksie-beweging, die sogenaamde "liberalisation of South Africa " in die potitieke hoofstroom stuur na 'n veelrassige bestel. Verligte Aksie-beweging, die CIA se mees klandestiene operasie, was toe nog nie onthul nie. Die Verligte Aksie-beweging se eerste taak was om die Broederbond se Uitvoerende Raad finaal oor te vat en dit daarna as 'n forum te misbruik om 'n politieke hoofstroom daar te stel wat die CIA se goedgunstige oorweging wegdra. Ons sal in die volgende hoofstuk leer dat Samuel Huntington 'n bloudruk formuleer wat 'n inhoud sou gee aan hierdie CIA politieke hoofstroom.

Die CIA antisipeer die gedagte van 'n Inligtingskandaal om Connie Mulder se droom van premierskap te blokkeer. Selfs Eschel Rhoodie se onortodokse metodes om inligting te bestuur is 'n CIA front. Ook Nico Diederichs word vanweë sy geldgierigheid ingetrek by die Rockefeller-CIA-konneksie wat nie alleen daartoe sou lei dat hy Hendrik van den Bergh manipuleer om Mulder se Inligtingsdepartement as 'n glyplank te gebruik om geheime inligtingsprojekte te loods nie, maar hom ook skuldig sou maak aan valutabedrog wat uiteindelik sou lei tot die sluipmoord op Robert Smit en sy eggenote.

Van die belangrikste geheime projekte waarop ons die kollig laat val, is die stigting van die Afrikaner Weerstandsbeweging en Inkatha. Ons sal vind dat Tienie Groenewald by hierdie geheime inligtingsprojekte ingetrek word, dat hy van Rhoodie leer en dat Groenewald inderdaad gou agterkom dat hy die regering se ruggraat is in die geheime inligtingsprojek. Hy ontwerp Totale Aanslag en Totale Strategie wat ook die magstrukture van P.W. Botha wesenlik sou beïnvloed.

Onder Vorster se heerskappy behou die Afrikaner wel sy superioriteit, maar hy doen afstand van die bepaalde beginsel van Apartheid wat die eerste stap sou wees na politieke oorgawe aan 'n Swart meerderheidregering (African National Congress en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party). Hy het ook nie alleen gehelp om die Smithregering van Rhodesië te ondergrawe nie, maar ook die Blankes van Suidwes-Afrika tot 'n groot mate aan die genade van 'n toekomstige Swartmeerderheidsregering oorgelaat. Die Buro vir Staatsveiligheid het hulp aan Frelimo verskaf om die CIA te help om die Portugese bewind in Kommunistiese hande te laat beland. Voorts sal ons vind dat die Buro saamspeel met die CIA se planne om Suid-Afrika by die Angolese oorlog betrokke te kry teneinde P.W. Botha se kanse op premierskap te sink. Daarby voer die Buro ook met die KGB geheime gesprekke wat ook lig werp op die Buro se anti-Afrikanersentiment. Ons kom tot die gevolgtrekking dat Vorster in die geheim saamgewerk het met die Illuminati en die Geldmag. Ons reeds geleer dat Vorster nie eg-Afrikanernasionalisties georiënteerd is nie. Derhalwe moet die Vorster-era gesien word as deel van die aanslag teen Afrikanernasionalisme.

DIE CIA SE INTERVENSIE IN AFRIKANERPOLITIEK: BEPLANNING VIR LIBERALE STAATSGREEP OP DIE AFRIKANER-BROEDERBOND

Ná die inhuldiging van John Vorster as Premier van die Republiek het dit verwagtings van politieke hervorming by die Rockefeller-CIA-konneksie geskep. Dit word geïllustreer deur die woorde van dr. Anton Rupert (toe nog lid van die Afrikaner Broederbond en vriend van die Rothschilds en van Dave Rockefeller) tydens 'n onderhoud in 1966 toe hy aan Allen Drury, 'n bekende Amerikaanse joernalis en skrywer gesê het: "Ekonomiese geleentheid is die sleutel tot al ons probleme. Daarmee sal kom 'n verbetering  van baie van die dinge waarteen die buitewêld beswaar  maak. Ek glo dat die Bantoe se posisie in die volgende paar jaar beslis sal  verbeter, asook die Indiërs s 'n; ek voorspel dat ons eendag algehele integrasie van die Kleurlinge in die Blanke gemeenskap sal hê."    Dit herbevestig Vorster se alliansie met die Rockefeller-CIA-konneksie.

Teen die Verkramptes se verwagting in het Vorster laat blyk dat sy simpatie by die Verligtes lê toe hy in Februarie 1967 op Parow verklaar dat die Nasionale Party se vernaamste taak 'vorentoe' is om enersyds Suid-Afrika te lei om ten volle deel te word en deel te hê aan die wêreld en andersyds die betrekkinge tussen Afrikaner en Engelse (wat oorwegend verlig is) te verbeter. Vorster het na sy sogenaamde 'uitwaartse beleid' verwys. Hy het sy klem geplaas op die normalisering van die Republiek se betrekkinge met veral Afrika en nie-Kommunistiese state. Vorster se beleidsaanpassing het daartoe bygedra dat die politiek van die Nasionale Party al hoe meer verwyderd geraak het van hulle tradisionele kieser en hulle meer bloot gestel het aan die invloede van die Geldmag of die Illuminati. Op hierdie manier het die SA-Stigting, die Amerikaanse State Department en die CIA groter geleenthede gekry om hulle in te grawe in die Suid-Afrikaanse politiek en 'n nog groter houvas in die politiek gekry. Die Kaapse liberale Nasionalis, Piet Cillië, redakteur van Die Burger, het in daardie tyd gesê dat 'n dinkskrum nodig geword het om die rassebeleid te herformuleer, en die SA-Stigtinglid, sir Francis de Guingand het geantwoord met 'n voorstel van 'n gekose komitee van lede. So 'n komitee van lede van die SA-Stigting, USSALEP, die SA Institite of International Affairs en die CIA het wel in die geheim bestaan. Na wat verneem word het die komitee onder leiding van M.C. O'Dowd van die CIA geopereer. Die komitee het van April 1967 tot Junie 1969 byeengekom. Hierdie komitee het uit elf lede bestaan waaronder adv. D.P. du Villiers, Tjaart van der Walt, Gerrit Viljoen en Willem de Klerk.

'n Tweede vyfjaar-ekonomieplan is in September 1967 afgekondig.   In die lig van hierdie nuwe vyfjaarplan het die SA Stigting hulle standpunt oor die Republiek se politieke pad geopenbaar wat ‘n aanduiding was dat die SA Stigting reeds volgens ‘n tydrooster gewerk het. Schoeman word aangehaal:

"Wat die oogmerke van hierdie Stigting-mense is, het in September 1967 duidelik geblyk uit 'n geskrewe stuk wat deur mnr. M. C. O 'Dowd opgestel en in naam van die SA-Stigting versprei is. Mnr. O 'Dowd se siening van die politiek kom kortliks daarop neer dat daar 'n bepaalde patroon in die ekonomiese ontwikkeling van lande is wat ooreenstem met soortgelyke patrone van sosiale en politieke ontwikkeling. Hy is oortuig daarvan dat Suid-Afrika die 'normale patroon ' van politieke, sosiale en ekonomiese ontwikkeling sal volg — van minderheidsregering, deur 'n liberale era tot 'n welvaartstaat. In die proses, sê hy, sal Suid-Afrika serassevraagstuk opgelos word, of miskien sal dit blyk dat so 'n vraagstuk nooit bestaan het nie. Dit is belangrik om daarop te let dat mnr. O'Dowd meen dat ekonomiese ontwikkeling in die finale instansie die aard van die Suid-Afrikaanse gemeenskap sal bepaal. Hy voorspel dat Suid-Afrika teen 1980 'radikale konstitusionele veranderinge' sal aanbring, wat die regering in 'n era van Liberalisme sal inlei en wat uiteindelik ook die land se rasseverdelinge sal oplos. Mnr. O 'Dowd sê  dat so 'n ontwikkeling nie noodwendig gepaard hoef te gaan met 'n verandering van regering nie. 'n Verandering van bewind is nie 'n voorvereiste daarvoor nie. Dit sal spontaan kom. Dit is die Stigtingsmanne wat saam met mnr. O'Dowd na die jaar 1980 as die begin van die era van liberalisme, die jaar van radikale konstitusionele hervorming sonder noodwendig 'n verandering van regering, gekyk het. "

Bogenoemde is bloot die resultaat van die geheime komitee. Wat ook onder ons aandag gekom het, is dat daardie komitee ook voorgestel het dat 'n 'liberale staatsgreep'op die Afrikaner Broederbond uitgevoer moet word en dat beide daarna deur 'n geheime liberale organisasie gestuur moet word met een doel voor oë, naamlik 'n veelrassige bestel. Die komitee het ook voorgestel dat Connie Mulder geïlimineer moet word om te verseker dat die proses van politieke integrasie nie versteur sou kon word nie. Uit die aard van die saak was die CIA die waghond oor die klandestiene agendas wat gevoig sou word. Die CIA sou selfs asem blaas in sommiges van hierdie geheime agendapunte. Dit gaan tog hier oor Amerikaanse magsoorname (Pax Americana).

Vervolg...