VOLKSVERRAAD (3)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

AFRIKANER BROEDERBOND

In 1968 is Hertzog van sy Ministerskap onthef. Uiteindelik, toe die vernietigingsproses van die Afrikanerorde voltrek was, is met 'n deeglike siftingsproses alle moontlike opponente binne die Nasionale Party netjies uitgeskakel. Net meer as tweehonderd van die meer as agthonderd lede van die Afrikanerorde het op daardie wyse hulle weg tot die Afrikaner Broederbond gevind.
Dit was nie voldoende nie. Die Rockefeller-CI A-konneksie het die Afrikaner Broederbond as 'n versperring in hulle weg meer gevrees as die Afrikanerorde en daarom moes die Afrikaner Broederbond ook volledig ingepalm word as instrument van die nuwe politiek. Vorster het sy staatsadministrasie misbruik om die CIA-ketting se invloedsfeer binne die Broederbond te vestig en meer spesifiek die Veiligheidspolisie.
Teen die middel van 1967 het die bestaan van 'n Spesiale Afdeling binne die Veiligheidspolisie taamlik wyd in Pretoria bekend geword. Die naam daarvan was die Republikeinse Inligtingsdiens (RI), wat in die omgang sommer kortweg die "Spookafdeling" genoem is. Wat die werklike of amptelike funksie van RI was, is onbekend. Wat wel bekend is, is dat lede van hierdie Spesiale Afdeling in die politieke woelingsjare van 1967 tot 1969 hulle in toenemende mate begin toespits het op wat in sekere kringe bekend geword het as die 'regsepolitiek'  maar wat in wese net die normale aktiwiteite van Nasionaliste was. Lede van die 'Spookafdeling 'het hulle al hoe meer daarop toegespits om Afrikaners te beloer, te agtervolg en te beluister. Persone is dopgehou om vas te stel met wie hulle assosieer (SOOS MET FACEBOOK DEESDAE – RED). Telefoongesprekke is afgeluister om te wete te kom wat mense gesels en watter planne daar heimlik gesmee sou word. In daardie tyd is geglo dat sekere mense Vorster se leierskap probeer ondermyn en die RI het toe informasie in die verband ingesamel wat onder Vorster se aandag gebring is. Met hierdie inligting is die persone wat agtervolg is, somtyds gediskrediteer. Sommiges is selfs by hulle werkgewers gediskrediteer. Van den Bergh het doodeenvoudig nie omgegee vir die reg op privaatheid nie omrede hy vanweë sy posisie horn beskou het as Vorster se oë en ore en sodoende moes het sy oor op die grond hou, sodat hy kon weet wat in die land aan die gang was en daaroor aan Vorster rapporteer.
Dit was in 1967 dat begin is met die ineenskakeling van al die polisie-amptenare as lede van die Afrikaner Broederbond, Daar was natuurlik wel polisiemanne in die bond wat op die normale manier en op meriete van hulle Afrikanerskap lede geword het. Skielik is egter gekla dat daar te min polisielede was en het die ongewone ding gebeur dat lede van die polisiemag nie meer gewerf is op voorstel van plaaslike afdelings van die Broederbond nie, maar op grond van voorlegging van 'n lys name deur 'n komitee van polisie-offisiere onder leiding van genl. Hendrik van den Bergh. Dit het sowel gewone as Veiligheidspolisiemanne gegeld. Die buitengewone proses van werwing het 'n aantal jare geduur, ook nadat die Buro vir Staatsveiligheid reeds tot stand gekom het. Die implikasie van hierdie stap was dat die vertroulikheid van die Afrikanerbond in die gedrang gekom het. Van hierdie nuwe lede het onder verpligting gestaan om oor bepaalde sake aan hulle hoofde, wat nie noodwendig broeders was nie, te rapporteer. In baie afdelings is die openhartigheid van besprekings gedemp.
Vir die verkryging van volledige beheer was dit nodig dat die Broederbond verower en sonder enige sprake van verset en weerstand agter Vorster gemonster moes word. In hierdie taak het genl. Van den Bergh met sy Buro 'n sleutelrol gespeel. Gedurende daardie tyd het die Afrikaner Broederbond nie oor leiers beskik wat effektief teen Vorster kon weerstand bied nie. Die Broederbond het volkome in die hande van Vorster beland en strydig met sy eie reglement en grondwet 'n instrument van 'n politieke leier geword wat nie net die Afrikaner Broederbond nie, maar ook die Afrikanervolk van sy tradisionele koers wou lei na die bestemming van 'n Swart meerderheidsregering, wat die Illuminati vir die Afrikaner gekies het.
Die Afrikanernasionalisme se voortbestaan is op die spits gedryf en dit het gelei tot die tweespalt in Afrikanergeledere. Albert Hertzog (die kern van die Verkramptes) het van die Nasionale Party weggebreek en in 1969 die Herstigte Nasionale Party (HNP) gestig. Herstigte Nasionale Party-lede is (in opdrag van Vorster) sedert vroeg 1971 ook hulle lidmaatskap van die Afrikaner Broed¬erbond ontsê. Die beheer van die Afrikaner Broederbond en die Nasionale Party was derhalwe in die hande van die sogenaamde Gematigdes. Sedertdien het die Verkramptes in die politiek die ondersplit gedelf. In 1971/72 toe daarin geslaag is om eers die leiersfigure in die HNP en daarna gewone HNP-lede uit die organisasie te verdryf, was die 'linkse staatsgreep' in die Broederbond volledig afgehandel.
'n Paar het Iidmaatskap van die Broederbond so hoog geag dat hulle hul verbintenis met die HNP verbreek het. Anton Rupert het in 1972 uit die bond bedank toe hy besef het dat die 'linkse staatsgreep 'voltooi is. Die gees van geslote Afrikanernasionalisme is uit die Afrikaner Broederbond verwyder. Hoewel die Afrikaner Broederbond in naam voortbestaan het, is die ware gees van die Afrikaner Broederbond in die proses vernietig. Die eertydse hoof van Militêre Intelligensie, Ernie Malherbe se woorde aan Smuts dat: "the Broederbond must be destroyed", het inderdaad tot uitvoering gekom en dit was ook gedoen deur Vorster, een van sy ou spioene wat die Ossewa-Brandwag moes infiltreer juis om die Bond te vemietig. Hierdie skoot het hy dit vir Rupert gedoen en nie vir Malherbe nie. Die Afrikaner Broederbond sou eers gedurende 1993 verdwyn.
Hoekom is die Broederbond nie dadelik ontbind nie?
Die Afrikaner Broederbond moes eers dien as 'n illussie van Afrikanernasionalisme wat deur die Vrymesselary en die CIA misbruik kon word. Die Afrikaner Broederbond is ook veral sedert 1966 deur Liberaaldenkende Afrikaners gepeneteer.
DieNasionale Pers met sy koerante Die Burger, Rapport (sedert 1970 'n Sondagblad) en Die Beeld (eers 'n Sondagblad en toe sedert 1971 'n dagblad) het ook daarna belangrike stutte vir die hoofstroompolitiek in die Afrikaner Broederbond en die Nasionale Party geword. Gevolglik sou Nasionale Pers 'n belangrike rol vervul om te verseker dat die groei van die Herstigte Nasionale Party in toom gehou word.
'n Taktiese stap wat gewoonlik aangewend is, was om die regerende Nasionale Party kort voor 'n algemene verkiesing te ondersteun deur die kollig te vat op positiewe prestasies wat die party kort voor daardie verkiesing bereik het. Uiteraard het dit elke keer die nodige uitwerking gehad by die Stembus en was dit ook een van die groot oorsake dat die Nasionale Party tot 1994 die regerende party was. Die Verligtes het die Broederbond gebruik om hulle beter in die Suid-Afrikaanse politiek te posisioneer.

Vervolg...