VOLKSVERRAAD (5)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE INLIGTINGSKANDAAL (vervolg)

Die inligtingskandaal was inderwaarheid 'n skepping van die CIA, wat dit ontwerp het om ontslae te raak van gematigheid in die Suid-Afrikaanse politiek. Hulle het toe reeds die Muldergate beplan om hulle nuwe georkestreerde politieke hoofstroom te beveilig, wat ons sal vind in 1973 geloods sou word.

Die sleutelpersoon rondom die inligtingskandaal was Eschel Rhoodie. Laat ons kortliks Rhoodie se agtergrond betreffende sy loopbaan in die Buro van lnligting in oënskou neem. Hy het in die laat 1950's diens in Sydney, Australia gedoen in die Suid-Afri­kaanse Buro van lnligting onder Ambassadeur Anthony Hamilton, wat uiters konserwatief was. Hamilton het aangedring op tradisionele metodes om inligting te verskaf.

In New York het Rhoodie hom gedurende die 1960's bevind in die spioenasiewêreld van die CIA waar die CIA hom oor 'n verloop van tyd sou intrek en hy gretig hulle onkonvensionele metodes gebruik het om vriende op hoë vlakke te maak en mense met frontorganisasies te beïnvloed (manipuleer). Rhoodie het toe 'n Hollandse uitgewer namens die Buro van Inligting in Den Haag, Nederland gehelp met die publisering van 'n tydskrif To the Point en dit met geheime fondse gefinansier. In 1971 het hy assistent-redakteur van die Suid-Afrikaanse uitgawe van die tydskrif geword met die funksie om 'n ogie te hou oor regeringsfondse en die tydskrif se redaksionele beleid. Die CIA was wel bekend met die aard van Mulder en Rhoodie sc verhouding. Eschel Rhoodie is in April 1972 deur die CIA as sleutelagent ingetrek.

Verder sou Diederichs as Minister van Finansies outomaties op die rand van die binnekring wees. Daarna moes hy as CIA-agent uit hoofde van sy pos in die kabinet die vordering van hierdie CIA-projek monitor en informasie deurgee. Hy is ook later deur Owen Horwood in 1975 opgevolg om Diederichs se taak rakende die verskaffing van informasie aan die CIA oor die vermelde projek voort te sit.

Diederichs het Van den Bergh tot 'n mate beinvloed dat hy in 1972 met die Minister van Inligting, Connie Mulder, kragte saamgesnoer het. Hulle het met Vorster daaroor gaan gesels en Vorster het dit in beginsel goedgekeur wat gelei het tot die aanstelling van die Vrymesselaar, dr. Eschel Rhoodie as Sekretaris van Inligting in Augustus 1972. Minwetend van Rhoodie se CIA-verbintenis was Mulder die dryfveer agter Rhoodie se aanstelling as Sekretaris van die Departement van Inligting. Mulder het wel kennis gedra van Rhoodie se onortodokse metodes om Inligting te bestuur. Aangesien Rhoodie nie 'n lid van die Broederbond was nie, was hy met sy aanstelling vir die "establishment" 'n onbekende faktor. Spoedig het Rhoodie bevriend geraak met Vorster. Vorster was beïndruk met sy onkonvensionele metodes om Inligting te bestuur. Generaal van den Bergh het Rhoodie later beskryf as een van die mees intelligente mense wat hy ooit ontmoet het en hulle het ook noue werksvennote geword.

Teen die einde van 1973 het Rhoodie met sy aksieplan begin. Suid-Afrika kon nou oorgaan in sy psige-proganda-aanval wat gemik was op die meningsvormers en beleidmakers van Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Frankryk en Wes-Duitsland. Mulder het 'n vergadering met Vorster, Dierderichs en Rhoodie gereël en toe sit Rhoodie sy plan van aksie uiteen. Rhoodie het voorligting van 'n uur aangaande staatsaangeleenthede aan hulle voorgehou. Hy het die feit benadruk dat Suid-Afrika toenemend geïsoleer word en die regering nie met sy bestaande metode om inligting bekend te maak deurbreek nie. Hy het meer as twintig redes aangevoer waarom die Buro van Inligting 'n radikale program in die veld van sielkundige en propoganda-oorlogvoering moes loods. 'n Voorbeeld wat hy by daardie vergadering genoem het om sy punt te illustreer, was:

"Indien dit vir my nodig is om 'n bepaalde joernalis te beïnvloed ten einde horn te stop om anti-Suid-Afrikaanse artikels te sktywe, en dis nodig om horn saam met sy vriendin na Hawaii toe te stuur vir 'n maand vakansie op ons koste, dan moet ek in staat wees om dit te kan doen. As dit nodig sou wees dat ek 'n pelsjas vir 'n politikus of vir 'n redakteur koop, sal ek moet in staat wees om dit eenvoudig te doen."

Hy het ook aan Vorster gesê: "U moet begryp wat ek bedoel met propaganda-oorlog. Dit is 'n eiesoortige oorlog, 'n poging, 'n program waarin daar geen reëls bestaan nie. Ons gaan dus uit van die standpunt dat ons enige individu, enige organisasie, enige metode, enigiets, sal gebruik en sal aanwend en sal toepas as ons daardeur kan help om ons land se belange te bevorder." Rhoodie het dus die aanslag teen Suid-Afrika as 'n propaganda-oorlog gedefinieer. Die formule om hierdie aanslag by te lê is die welbekende Amerikaanse 'lobby'-benadering. Diederichs was ook uiteraard entoesiasties oor Rhoodie se voorstelle en het die nodigheid van geheimhouding benadruk. Rhoodie het 'n gedetaileerde vyfjaarplan opgestel en aan die drie kabinetministers voorgelê. Twee weke later was die plan goedgekeur.

Die Buro vir Staatsveiligheid het geleenthede gesien om die Departement van Inligting as 'n glyplank te gebruik om bepaalde klandestiene operasies te loods. Nie alleen is lede van die Buro vir Staatsveiligheid by die operasies betrek nie, maar ook inligtingsoffisiere van die Weermag. Een van die persone wat van die Weermag na Inligting oorgeplaas is, was Tienie Groenewald.

Ons wil fokus op Groenewald omrede hy as een van die mees invloedryke persone in Suid-Afrika sou ontwikkel wat die CIA sou gebruik om 'n veelrassige bestel in hierdie land te vestig. Hy is gedurende Augustus 1972 van die Lugmag se hoofkantoor na Inligting oorgeplaas. Ten tye van Groenewald se oorplasing het hy geen CIA-verbintenis gehad nie. Groenewald het van Eschel Rhoodie geleer hoe om inligting deur die konsep van frontorganisasies te bedryf. Die verhouding tussen die twee het in so mate gegroei dat Rhoodie die dryfveer word dat Groenewald in September 1973 'n Vrymesselaar word. Hy was tydens sy dienstyd by Inligting verantwoordelik vir die skryf van toesprake en was ook die belangrikste dryfveer vir bepaalde belangrike strategiese besluite soos ons later sal sien, byvoorbeeld die skep van die Afrikaner Weerstandsbeweging en Inkatha en die formulering van Vorster se vredesoffensief. Ten spyte van die belangrike rol wat hy in Inligting gespeel het, het hy 'n sterk anti-Mulder sentiment ontwikkel grootliks omdat die geheime projekte volgens horn ongekoördineerd aangepak was.

Dit was toe dat hy in Mei 1975 'n voorlegging skrywe waarin hy sy probleem met die wyse waarop die geheime aksies ongekoordineerd plaasvind uiteensit en ook die konsep van Totale Aanslag en Totale Strategie as antwoord op sy probleem formuleer.  Sover dit vasgestel kon word het hy hierdie voorlegging met niemand bespreek nie. Ons sal vind dat hierdie voorlegging later sou lei tot substrukture in die Staatsveiligheidsraad. Hy het toe daarna die Weermag gevra om sy oorplasing na Inligting te beëindig. Na wat verneem word, het hy toe reeds geweet dat Inligting met Rhoodie gaan tuimel. Sy oorplasing is in Maart 1976 beëindig en hy is van Inligting af terug na die Lugmag se Inligtingsdiens. Hy sou net sy kans afwag om weer later al sy geheime inligtingsprojekte oor te neem.

Vervolg...