VOLKSVERRAAD (6)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

STAATSVEILIGHEIDSRAAD

Ooreenkomstig die Rockefeller-ClA-konneksie se voorskrifte aan Vorster moes hy onder meer toesien dat die politieke magstrukture en nasionale veiligheidstrukture verseker word. Gebaseer op die Amerikaanse National Security Act het die Vorster-regering inderdaad die Wet op Veiligheidsinligting in 1972 bekragtig wat voorsiening maak vir die totstandkoming van die Staatsveiligheidsraad (SVR). Die Staatsveiligheidsraad kan ingevolge die wet lede in die Veiligheidsgemeenskap magtig om ander funksies en pligte deur te voer wat in verband staan met staatsveiligheid. Ons sal sien dat die stigting van die politieke bewegings en partye soos die Afrikaner Weerstandsbeweging, Inkatha en die Konserwatiewe Party enkele voorbeelde van hulle opdragte was. Daar is in die wet ook bepaal dat enige inligting wat met veiligheidsake te doen het, onverwyld en onverwerk na die Buro vir Staatsveiligheid deurgestuur moes word. Tyd sou ons leer dat die Staatsveiligheidsraad 'n koverte front vir die Afrikaner Broederbond (en later vir die Vrymesselary) sou word en dat die Staatsveiligheidsraad inderdaad 'n magtige instrument in die hande van die Illuminati en die Rockefeller-CIA-konneksie sou word om politieke verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.

Die Staatsveiligheidsraad het aanvanklik weinig betekenis gehad. Tog was die veiligheidsituasie binnelands geensins 'n kritiese faktor nie, alhoewel bepaalde linkse groepe wat rasse-integrasie voorstaan, in die kollig gekom het. Voorts het Brittanje 'n wapenverbod teen Suid-Afrika ingestel. 'n Parlementêre kommissie van ondersoek is dan ook in 1972 ingestel na die bedrywighede van die studente-organisasie National Union of South African Students (Nusas), die South African Institute of Race Relations, die Chris-telike Instituut en die University Christian Movement (wat om-streeks die tyd ontbind is). Die Ford Foundation is in die Parlement genoem toe Vorster die ondersoek aangevra het. Hy het aangevoer dat die Ford Foundation terroriste in Tanzanië gehelp het.

In Februarie 1973 het die kommisie 'n verslag oor Nusas uitgebring waarin ernstige bedenkinge oor die bedrywighde van die organisasie uitgespreek is en eenparig aanbeveel is dat in belang van landsveiligheid dringend opgetree word teen ses van sy leiers en twee helpers. Die Wet op Geaffekteerde Organisasies is in 1974 aangeneem, wat die regering magtig om op te tree teen 'n ekstreme organisasie wat na sy mening politiek bedryf in oorleg met of onder die invloed van 'n buitelandse organisasie of persone. In 1974 is Nusas tot 'n geaffekteerde organisasie verklaar. Intussen is die Christelike Instituut in 1975 ook tot geaffekteerde organisasie verklaar. So 'n organisasie mag nie geld uit die buiteland ontvang nie.

Buitelands was dit egter sportboikotte wat toenemend as bedingingsinstrument aangewend is om die land te dwing tot 'n nie-rassige demokrasie. Die Staatsveiligheidsraad sou weens 'n verswakking in die veiligheidsituasie eers in 1975-76 vir die eerste keer op 'n gereelde basis byeenkom.

DIE TOTSTANDKOMING VAN DIE VERLIGTE AKSIE-BEWEGING AS CIA-KOVERTE DRYFVEER VAN DIE BROEDERBOND: DIE ONTSTAAN VAN DIE CIA POLITIEKE STROOM WAT LATER DIE HOOFSTROOM SOU WORD

Nadat Vorster daarin geslaag het om teen 1972 'n 'liberate staatsgreep' op die Afrikaner Broederbond uit te voer, het die CIA sedert 1973 dit verder gevat en op die mees obskure wyse toegesien dat hierdie 'liberale staatsgreep' in die Afrikanerpolitiek voltooi moet word. Met die voorwendsel van veronrusting oor die stadige tempo van politieke verandering en die Republiek se slegte naam in die buiteland het die CIA daarin geslaag om 29 saakmakende liberaaldenkendes binne die Broederbond en die Nasionale Party gedurende Junie 1973 in Pretoria onder voorsitterskap van Gerrit Viljoen byeen te trek. 'n Geheime oganisasie bekend as die Verligte Aksiebeweging het tot stand gekom. Die organisasie het aanvanklik lede beperk tot 'n getal van 34 en het dit in 1975 tot 36 uitgebrei.

Die Verligte Aksiebeweging sou inderdaad die invloedrykste organisasie in die Afrikanerpolitiek word wat nie net die kaping van die Afrikaner Broederbond en die Nasionale Party omvat het nie, maar mettertyd ook die hele gang van die politiek sou bestuur. By lede van die publiek wat nie eens weet van hulle bestaan nie, sou hierdie organisasie wat in die hoogste geheimhouding opereer, bekend wees as die CIA in Suid-Afrika. Hoewel daar 'n sterk interaksie tussen die CIA en die Verligte Aksiebeweging bestaan, sou die benaming van CIA in Suid-Afrika fataal wees. Dit dien siegs as 'n CIA frontinstansie. Die meeste van die lede van die organisasie het nie geweet dat hulle die saak van die CIA dien nie, alhoewel hulle weet dat die organisasie verbintenis met die Amerikaanse ambassade het. Uit die aard van die pro-veelrassige sentiment van die organisasie was dit inderdaad juis daar waar die CIA sy klandestiene spioene gewerf het om die Broederbond en die Nasionale Party te kaap, waaronder Gerrit Viljoen, Pik Botha en Tienie Groenewald die bekendste voorbeelde is. Slegs die agente was/is op die CIA se betaalstaat en dit is slegs die agente wat ook Amerikaanse burgerskap verkry het.

Die VerligteAksie-beweging kwartaalliks vergader, maar kon ook ad hoc vergader na gelang van omstandighede. Die organisasie het wel 'n konstitusie gehad, maar was nie as 'n regspersoon in Suid-Afrika geregistreer nie. Daar was gevolglik geen amptelike telefoonnommer of adres waarheen die publiek enige kontak met die organisasie kon maak nie, behalwc die lede wat daarvan geweet het, asook die CIA self. Die Voorsitter van die organisasie word die belangrikste kontakpersoon, Sy woonplek word die kontakpunt. Inderwaarheid hanteer die CIA in die Amerikaanse Ambassade kantore in Pretoria die organisasie se administrasie.

Sover vasgestel kon word, was Gerrit Viljoen gedurende Junie 1973 tot April 1978 die voorsitter van die organisasie, Pik Botha gedurende April 1978 tot Augustus 1986,Tienie Groenewald gedurende Augustus 1986 tot November 1995 en Neil van Heerden sedert November 1995. Ander bekende persone wat op 'n gegewe tyd lede van die Verligte Aksie-beweging is/was Hilgard Muller (stigterslid), John Vorster, Willem de Klerk (stigterslid), Nico Diederichs (stigterslid), prof. Tjaart van der Walt, prof. Johan Heyns, Roelf Meyer, Magnus Malan, Constand Viljoen, Jannie Gelden-huys, Koos van der Merwe, Piet Koornhof, Sam de Beer, Kent Durr, F.W. de Klerk, Cobie Coetzee, Adriaan Vlok, Chris Fischmer, L.A.P.A. Munnik, Barend du Plesis, Neil Barnard, Mike Louw, Chris Heunis, Wynand Malan, Stoffel van der Merwe, Fanie Botha, Alwyn Schlebusch, lang Dawie du Villiers, dik Dawie de Villiers, Ettiene Rossouw, Tim du Plessis, prof. Willie Esterhuysen, prof. Sampie Terreblanche, Leon Wessels, prof. Pieter de Lange, Tobic Meyer, Owen Horwood, Eli Louw, Albert Nothnagel, Chris Fismer en wyle Hendrik Schoeman. Uit die aard van die saak is die meeste van hierdie lede ook verbonde aan die Vrymesselary.

Verligte Aksie-beweging het as rytuig van die CIA sedert 1973 in die Afrikanerpolitiek (Vorster-hoofstroom) in beweeg. Die Verligtes het sedert 1974 finaal die beheer in die Afrikaner Broederbond oorgeneem toe die Vrymesselaar, dr. Gerrit Viljoen, die gematigde dr. Andries Treurnicht as voorsitter van die Afrikaner Broederbond vervang het. Uiteraard het die Verligte Aksie-beweging die Afrikaner Broederbond 'n rytuig van hom gemaak.

Die Verligte Aksie-beweging het meegewerk om die verskille tussen die Nasionale Party en die Afrikaner Broederbond aan die een kant en die Vrymesselaars (oorwegend Engels)   en die internasionale geldmag aan die ander kant te vernou. Terwyl  die Afrikaner Broederbond op daardie tydstip as 'n illussie van 'n verteenwoordigende geheime orgaan van die Afrikaner geopereer het, is dit kovert en instrumenteel deur die Verligte Aksie-beweging, die Vrymesselaars en internasionale Geldmag misbruik. Verskeie Vrymesselaars was toe reeds lid van die Afrikaner Broederbond.

Met die Verligte Aksie-beweging het die Vrymesselaars toe sedertdien 'n oorhand in die Afrikaner Broederbond begin kry. Omdat verskeie lede van die Verligte Aksie-beweging ook lede van die SA Stigting en die SA Institute of International Affairs is/was, het dit in 'n groot mate bygedra dat die Illuminati se agendas aLhoe meer die agendas van die Afrikaner Broederbond geword het. Hierdie verligte kerngroep het ook vanaf die middel van die 70's toenemend toegesien dat die Verkramptes geïsoleer word en nie sommer in gesagsposisies in die Suid-Afrikaanse samelewing kom nie. Dit is ook duidelik dat die CIA-politieke stroom homself in die Vorster politieke hoofstroom laat inweef het, om in 'n toenemende mate die Vorsterstroom reeds teen 1976 ondergeskik te kry aan die CIA-stroom. Wat Verligte Aksie-beweging as 'n CIA frontorga-nisasie so effektief gemaak het, is dat hulle toegang gehad het tot die Veiligheidstrukture soos die Staatsveiligheidsraad, Nasionale Intelligensiediens, Militêre Inligting, Departement van Buitelandse Sake en selfs die Veiligheidspolisie. Na die land se Veiligheidstrukture sedert September 1966 so 'n belangrike rol gespeel met die oordrag van Blanke gesag aan 'n veelrassige regering is dit te verstane dat die CIA veral sedert 1978 by wyse van die Veriigte Aksie-beweging daardie invloed gehad het.

Vervolg...