VOLKSVERRAAD (7)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE VERRADELIKE PIK-FAKTOR

R.F. (Pik) Botha (sedert 1969 lid van die Afrikaner Broederbond — hy was reeds toe 'n Vrymesselaar) maak sy politieke debuut in die algemene verkiesing van April 1970 as 'n NP-kandidaat vir Wonderboom. Hy was suksesvol en word Lid van die Volksraad. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het Botha Eleannor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte gekies en gepleit dat die regering van Vorster hom daarmee moet vereenselwig. Hilgard Muller, die Minister van Buitelandse Sake en Rhodes-Beurs-houer, het hom met die toespraak gelukgewens. Daarvandaan is Botha in 1971 na die Wêreldhof in Den Haag,  en in 'n onderhoud met die Nederlandse TV verklaar hy dat SA gevorder het van 'n tydperk van oorheersing tot 'n tyd van ontwikkeling in sy binnelandse rasse-verhoudinge en in sy beleid teenoor sy buurstate. "My regering, " het hy gesê, "glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my Regering glo in gelykheid en menslikheid. " Pik is toe in Februarie 1972 in die VSA deur die CIA as agent gewerf.

Sy plasing as Ambassadeur van Suid-Afrika in die Verenigde Nasies het daartoe bygedra dat hy en Samuel Huntington, 'n Professor in die Politieke Wetenskap aan die Harvard Universiteit in die VSA en wat ook werksaam was vir die Rockefeller Foundation en Council on Foreign Relations, lang ure saam deurgebring het. Pik Botha het toe in die VSA as die Republiek se Ambassadeur herhaaldelik beloftes gemaak dat die RSA alle apartheid sou afskaf en dat hy persoonlik sou toesien dat Suidwes-Afrika onafhanklikheid verkry. Dr. Hilgard Muller het in 1977 bedank as Minister van Buitelandse Sake. Vorster word deur Oppenheimer aangesê om Pik Botha as sy Minister van Buitelandse Sake aan te stel.

GEHEIME INLIGTINGSPROJEKTE

Daar is ook inderdaad 'n onweerlegbare korrelasie tussen misbruik van die burgers se vertroue in die regering (gevolglik misleiding van inligting) en die misbruik van die publiek se geld. In dié verband was die klem deurgaans geplaas op die grootskaalse onreëlmatighede in die ou Departement van Inligting. Hierdie onreëlmatighede het uiteindelik gelei tot die ontbinding van daardie departement, die aanstelling van 'n kommissie van ondersoek en die bedanking van sowel die betrokke minister as die Staatspresident. Dat die onreëlmatighede rondom die Departement van Inligting baie te doen gehad het met die verstrengeling van politici in die wêreld van die groot geld, is ook nie te betwyfel nie. Hierdie verstrengeling het aanleiding gegee tot 'n totale ongevoeligheid en onverskilligheid oor hoe daar met die publiek se geld gewerk word.

Sedert die aanstelling van Eschel Rhoodie het binne die Nasionale Party 'n nuwe faksie bekend as die Van der Bergh-Mulder-faksie met Rhoodie as die stuurman ontwikkel. Langs daardie faksie het Nico Diederichs as Vorster se Minister van Finansies beweeg, wat op daardie stadium die Rockefeller-ClA-konneksie se informant oor Rhoodie se eskepade was.

Om seker te maak dat dit geheim bly, is gereël dat die geheime projekte uit 'n geheime fonds gefinansier word. Vorster het ingestem dat daar vir die boekjaar 1973-1974 'n bedrag van R293 000 uit sy departement se Spesiale Rekening vir Veiligheidsdienste na die Departement van Inligting oorgeplaas kon word. Die daaropvolgende jaar het Inligting egter so 'n groot bedrag geld verlang dat die Departement van Vorster dit nie kon bybring nie. Vorster het daarop beslis dat die Departement van Verdediging ook voortaan as 'n kanaal vir die oorplasing van geld na Inligting gebruik sou word. Die Minister van Verdediging, P. W. Botha, het nie met die reëling saamgestem nie, maar hom nogtans daarby neergelê. In die vier boekjare 1974-1975 tot 1977-1978 is daar sowat R56,9 miljoen van Verdediging na Inligting oorgeplaas.

Rhoodie en die Departement van Inligting het 'n groot deel van hierdie geld gebruik om in die geheim koerante te koop. Een van die eerste teikens was die liberale Engelse pers in Suid-Afrika. Hierdie poging was 'n groot fout, omrede die Illuminati nooit (maar nooit) die beheer oor sy magtigste instrument, die pers, sal verkoop nie.

Hierna is meer as 160 geheime projekte geloods, waardeur daar 'n verskeidenheid van frontorganisasies tot stand gekom het, waaronder die Afrikaner Weerstandsbeweging en Inkatha yeNkululeko yeSizwe ("vryheid vir die nasie").

In 1974 het Rhoodie met behulp van die Amerikaner John McGoff probeer om die Washington Star te koop. Die plan het egter nie geslaag nie en McGoff het daarop die Sacramento Union gekoop. Nadat Van den Bergh en Mulder misluk het om die beherende belang van die Engelse pers by Harry Oppenheimer te koop, het die hulle hul eie Engelse mondstuk, die Citizen gefinansier. In 1975 het Rhoodie R12 miljoen aan die kunsmismagnaat Louis Luyt geleen om 'n Engelstalige dagblad, The Citizen, uit te gee. Die koerant was egter nie winsgewend nie en enorme bedrae moes voortdurend uit die geheime fonds ingepomp word om dit aan die gang te hou. Hulle gaan dus toe in mededinging met die Engelse liberiale pers. Dit was opsigself 'n fout. Die skrif was toe reeds vir Vorster-Van den Bergh-Mulder aan die muur. Dit was die begin van die einde van hulle politieke loopbane.

In 1976 het Rhoodie probeer om met behulp van twee Johannesburgse sakemanne, Abrahamson en Pegg, beheer oor die Britse uitgewersmaatskappy Morgan Grampian te kry. Hulle het 'n groot aantal aandele bekom, maar kon nie daarin slaag om 'n beherende aandeel te verkry nie. Afgesien van sy koerantprojekte, wat miljoene rande beloop het, het die Departement van Inligting ook talle ander projekte uit sy geheime fonds gefinansier -projekte soos fondse aan 'n klein pro-Suid-Afrika politieke party in Noorweë; fondse vir beide Gerald Ford en Jimmy Carter se Amerikaanse presidensiele verkiesingsveldtog in 1976 en die reël van diplomatieke deurbraak-reise vir Vorster na Ivoorkus en Israel.

Vervolg...